Die op­sies

Beeld - - Sakenuus -

Bang geld wil vlug:

Se­dert Ne­ne­ga­te in De­sem­ber 2015 en om­dat die te­sou­rie al hoe meer be­las­tingskui­wer­ga­te wil toe­stop, soek al hoe meer ryk Suid­A­fri­ka­ners hul toe­vlug in lan­de met la­er be­las­ting­koer­se of wat dub­be­le bur­ger­skap aan­bied in ruil vir ’n be­leg­ging.

Hier is van die op­sies: Sey­chel­les Pri­va­te Stig­ting: Val­sen Fi­du­ci­a­ries bied ryk SuidA­fri­ka­ners die op­sie om ’n pri­va­te stig­ting op die Sey­chel­le­ei­lan­de in die In­die­se O­se­aan op te rig as al­ter­na­tief vir ’n trust.

In die Sey­chel­le word daar be­las­ting op s­tig­tings ge­hef nie. Dub­be­le­bur­ger­skap­pro­gram­me: Al hoe meer van dié pro­gram­me word aan Suid­A­fri­ka­ners be­mark. Van G­re­na­da, Do­mi­ni­ca en St. Kitts & Ne­vis in die Ka­ri­bie­se ge­bied tot Mal­ta, Ci­prus en Por­tu­gal bied dub­be­le­bur­ger­skap­pro­gram­me.

Ook Oos­Eu­ro­pe­se lan­de soos Bul­ga­rye en Hon­ga­rye lok Suid­A­fri­ ka­ners met bur­ger­skap­in­ruil­vi­r­be­leg­gings­pro­gram­me. Die be­leg­gings­ad­vies­groep Ar­ton Ca­pi­tal spe­si­a­li­seer in dié pro­gram­me. Eien­doms­be­leg­ging: Suid­A­fri­ka­ners word nou ook ge­lok om ’n twee­de ei­en­dom in plek­ke soos B­rit­tan­je of Mal­ta te koop. Lan­ce Co­hen van die ei­en­doms­a­gent­skap Seeff sê ’n huis van tus­sen R3 mil­joen en R4 mil­joen kan op die ei­land Mal­ta in die Mid­del­land­se See ge­koop word. Om­dat Mal­ta deel van die Eu­ro­pe­se U­nie is, kan Eu­ro­pe­se bur­ger­skap bin­ne 12 tot 14 maan­de ver­kry word, sê hy.

Die ei­en­dom­swaar­deer­ders Ro­de & Ge­no­te het in Mei daar­op ge­wys dat ’n be­leg­ging in ei­en­dom in Lon­den se­dert 1995 veel be­ter as e­ni­ge plaas­li­ke ba­te­klas pres­teer het en die ten­dens duur tot dus­ver van­jaar voort.

Dit maak die op­sie baie aan­trek­lik vir Suid­A­fri­ka­ners wat bang is die po­li­tie­ke on­se­ker­heid kal­we ver­der weg aan die rand se waar­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.