Reeks om As in ge­drang

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Die Aus­tra­lie­se K­rie­ket­spe­lers­ver­e­ni­ging (ACA) het sy le­de ge­waar­sku ’n nu­we ver­goe­dings­oor­een­koms met die na­si­o­na­le krie­ket­raad gaan dalk nie voor die be­gin van die nu­we sei­soen be­reik word nie.

Dit kan die reeks om die As teen En­ge­land in die ge­drang bring.

Die voort­sle­pen­de loon­ge­skil het reeds mee­ge­bring dat Aus­tra­lië A hom aan ’n toer na Suid­A­fri­ka moes ont­trek, ter­wyl dit nog on­se­ker is of Aus­tra­lië ’n span sal kan s­tuur vir ko­men­de toe­re na Bangla­desj en In­dië.

Aus­tra­lië se 230 be­roep­spe­lers is teg­nies werk­loos, om­dat ’n nu­we me­mo­ran­dum van ver­stand­hou­ding met hul werk­ge­wer nog nie be­ding kon word nie. Sa­me­spre­kings tus­sen die spe­lers­ver­e­ni­ging en be­heer­lig­gaam het glo ver­le­de week ’n dooie punt be­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.