En­gel­se vroue wen WB

Beeld - - Sport - – Al­tus Mom­berg

’n Dra­ma­tie­se in­een­stor­ting deur In­dië se kol­wers het En­ge­land Son­dag in staat ge­stel om die eind­stryd van die Wê­reld­be­ker­toernooi vir vroue op ’n ge­pak­te Lord’s met ne­ge lo­pies te wen.

In­dië, wat 229 lo­pies vir ’n oor­win­ning moes be­haal, was goed op pad na ’n se­ge op 191/3, toe hy skie­lik die kluts kwyt ge­raak het in die 43ste boul­beurt.

Die In­di­ërs het vier paal­tjies vir net 10 lo­pies in 13 bal­le ver­loor en was toe skie­lik met die rug teen die muur. Hy is uit­ein­de­lik vir 219 uit­ge­boul.

En­ge­land se held was die naat­bou­ler Anya Sh­rub­so­le, wat met 6/46 ge­ëin­dig het. Sh­rub­so­le het vroe­ër in die half­eind­stryd teen Suid­A­fri­ka die wen­lo­pies in die laas­te boul­beurt ge­mo­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.