Bla­ser veg teen bu­li­mie

Beeld - - Sport - Reu­ters

Die Wal­lie­se rug­by­skeids­reg­ter Ni­gel O­wens het in ’n o­pen­har­ti­ge on­der­houd met die BBC er­ken dat hy die af­ge­lo­pe 30 jaar reeds aan die eet­steur­nis bu­li­mie ly.

O­wens, die eer­ste in­ter­na­si­o­na­le rug­by­bla­ser wat o­pen­lik gay is, het ge­sê dié steur­nis het so on­langs soos ver­le­de maand ’n in­vloed op sy loop­baan ge­had.

Die 46­ja­ri­ge O­wens, wat deel­ge­neem het aan ’n BBC­pro­gram oor eet­steur­nis­se by mans, het er­ken dat hy hom­self ver­le­de maand, ty­dens sy be­trok­ken­heid by toets­wed­stry­de tus­sen Ar­gen­ti­nië en En­ge­land, drie tot vier keer laat op­gooi het.

“Ek het ge­dog ek is in be­heer (van dié siek­te), maar het be­sef dis nie die ge­val nie,” het O­wens ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.