Mis ver­oor­saak cha­os op lug­ha­we en pad

Tal­le ver­pas vlug­te, voer­tuie bots

Beeld - - Voorblad -

’n Dig­te mis­bank oor die Oos Rand het gis­ter­og­gend cha­os op paaie en op die O.R. Tam­bo­lug­ha­we ver­oor­saak.

Meer as 50 men­se is be­seer ná tal­le bot­sings op die N12 tus­sen die Et­wat­wa- en die Put­fon­tein­weg-af­rit in Be­no­ni.

Oor Kaap­stad het daar ook gis­ter­og­gend ’n mis­bank ge­hang, maar dit het nie so­veel ont­wrig­ting ver­oor­saak nie.

Rus­sel Mei­ring, ER24-woord­voer­der, sê aan die Oos-Rand was daar om­streeks 07:00 ver­skeie bot­sings op die N12-hoof­weg. “Pa­ra­me­di­ci het van die een bot­sing na die vol­gen­de ge­gaan en pa­si­ën­te on­der­soek en be­han­del. ER24-pa­ra­me­di­ci het 22 pa­si­ën­te be­han­del en na hos­pi­ta­le ge­neem. An­der nood­diens­te het so­wat 30 be­seer­des be­han­del en weg­ge­neem.”

Weens swak sig het moes 24 vlug­te op pad na O.R. Tam­bo na an­der lug­ha­wens uit­wyk, be­rig Ros­lyn Baat­jies.

Die mis het la­ter op­ge­klaar en vlug­te kon her­vat word, maar weens die uit­kring­ef­fek was daar ver­tra­gings.

Min­stens 40 Mos­lem-pel­grims wat van Kaap­stad na Mek­ka op pad was, het hul vlug­te van Jo­han­nes­burg af ver­pas. Hul vlieg­tuig moes na Bloem­fon­tein uit­wyk waar hul­le twee uur moes wag, be­rig ti­mesli­ve.com. Dit het hul­le laat ge­maak vir hul oor­se­se vlug.

Fo­to: JACO MARAIS

Die son se stra­le val op die mis­bank wat gis­ter­og­gend oor die Ta­fel­baai­ha­we in die Kaap ge­lê het.

Fo­to: ROLAND BERGH

Die uit­kring­ef­fek was dat tien­tal­le vlug­te tot gis­ter­mid­dag ver­traag of ge­kan­sel­leer is, soos laat­mid­dag op ’n aan­kon­di­gings­bord op die O.R. Tam­bo­lug­ha­we ge­sien kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.