Prin­se spyt oor laas­te ge­sprek

Beeld - - Voorblad -

Prins Wil­li­am van B­rit­tan­je en sy broer, prins Har­ry, is spyt oor hul laas­te ge­sprek met hul ma, prin­ses Di­a­na.

Hul­le be­skryf die te­le­foon­op­roep as “ge­jaag”.

Die twee prin­se sê in ’n do­ku­men­tê­re rol­prent, Di­a­na, Our Mot­her: Her Li­fe and Le­ga­cy, hul­le het kort voor haar dood met haar ge­praat, be­rig

Die do­ku­men­têr val saam met die 20ste her­den­king van Di­a­na se dood in ’n mo­tor­on­ge­luk in Pa­rys op 31 Au­gus­tus 1997.

“Har­ry en ek was haas­tig om tot­siens te sê, jy weet: ‘sien jou la­ter’. As ek toe ge­weet het wat gaan ge­beur, sou ek nie so traak-my-nie-ag­tig ge­wees het nie,” sê Wil­li­am in die pro­gram, wat gis­ter op ITV in B­rit­tan­je en op HBO in A­me­ri­ka uit­ge­saai is.

“Ek kan nie reg­tig ont­hou wat ek ge­sê het nie, maar al wat ek weet, is dat ek vir die res van my le­we spyt sal wees oor hoe kort die op­roep was,” sê Har­ry.

Nick Kent, uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger, het aan Reuters ge­sê hy glo die do­ku­men­tê­re rol­prent gee ’n blik op die “pri­va­te Di­a­na”.

“Nie­mand het nog ooit die sto­rie ver­tel uit die oog­punt van die twee men­se wat haar be­ter as e­nig­ie­mand an­ders ge­ken en haar die lief­ste ge­had het nie – haar seuns.”

Die prin­se ont­hou hul ma se hu­mor­sin en Har­ry be­skryf haar as een van die stout­ste ou­ers. Hul­le ont­hou ook die pyn van hul ou­ers se eg­skei­ding en hoe hul­le die nuus van haar dood han­teer het.

Die do­ku­men­têr fo­kus op as­pek­te van Di­a­na se le­we, soos haar lief­da­dig­heids­werk, wat MIV- en land­myn-slag­of­fers in­sluit, maar bly weg van kwes­sies soos bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­dings.

Vol­gens die ver­vaar­di­gers was die B­rit­se ko­nink­li­kes baie toe­gank­lik en het hul­le geen be­per­kings ge­stel nie.

“Wat ons in ge­dag­te ge­had het, is dat prins Wil­li­am en prins Har­ry in die toe­koms aan hul eie kin­ders sal ver­tel wie hul ou­ma was,” sê Kent.

Ver­skeie ge­leent­he­de is be­plan om Di­a­na se dood te her­denk. Wil­li­am en Har­ry het on­langs ’n pri­va­te diens by­ge­woon vir die her­toe­wy­ding van haar graf en ’n stand­beeld van haar bui­te hul amp­te­li­ke Lon­den­se huis op­ge­rig.

Seld­sa­me be­sit­tings van Di­a­na, soos haar mu­siek ver­sa­me­lin­ge n bal­let skoe­ne, is Sa­ter­dag by Bucking­ham-pa­leis ver­toon .’ n Uit­stal­ling van haar kle­re het in Fe­bru­a­rie ge­o­pen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.