Wal­la­bies sweet by oe­fen­kamp

Beeld - - Voorblad - – Reuters

Die Wal­la­by-af­rig­ter, Mi­cha­el C­hei­ka, is vas­be­slo­te om sy span ’n bie­tjie fik­ser en gees­te­lik ster­ker te kry voor­dat die Rug­by kam­pi­oen­skap in Au­gus­tus af­skop.

Om dit reg te kry hui­wer die Aus­sie-brei­er nie om sy spe­lers se mon­de en oë by ’n oe­fen­kamp toe te plak nie.

’n Mens kry ook die i­dee hy is nie ver­plet­ter deur die ne­der­laag wat die Brum­bies in die kwart­eind­ron­de van die Su­per­reeks teen die Hur­ri­ca­nes ge­ly het nie.

Dít gee hom nou meer tyd om met sy uit­soek­groep te werk voor­dat die Wal­la­bies op 19 Au­gus­tus in Syd­ney teen die All Blacks speel.

C­hei­ka werk reeds met ’n groep van 38 spe­lers in Ne­w­cas­t­le by ’n spe­si­a­le oe­fen­kamp.

On­ge­veer agt Brum­bies sal hul­le so gou as moont­lik by dié groep aan­sluit.

Die oe­fen­kamp moet help om Aus­tra­lie­se rug­by uit ’n kri­sis te kry.

Nie een van die vyf Aus­tra­lie­se Su­per­span­ne kon hier­die sei­soen ’n wed­stryd teen ’n Ni­euSee­land­se fran­chi­se wen nie.

Die Wal­la­bies het boon­op in Ju­nie teen S­kot­land ver­loor en moes kwaai spook om I­ta­lië te troef.

Dit is dus net te ver­wag­te dat baie men­se glo dat die All Blacks die vloer met die Wal­la­bies gaan vee.

Die ba­sie­se fiks­heid van Aus­tra­lie­se spe­lers het ge­du­ren­de die Su­per­reeks on­der die ver­groot­glas ge­kom.

Toe het die Aus­sies le­lik uit­ge­sak teen die ein­de van ver­skeie wed­stry­de.

S­te­phen Moo­re, die Wal­la­bies se kap­tein, het in Ju­nie ge­kla dat die pro­vin­si­a­le span­ne nie daar­in ge­slaag het om die spe­lers be­hoor­lik vir die uit­da­gings van toets­rug­by voor te be­rei nie.

C­hei­ka het gis­ter ge­sê die oe­fen­kamp moet die Aus­tra­lie­se spe­lers ook gees­te­lik ster­ker maak.

“Die eer­ste paar we­ke van ons voor­be­rei­ding moet ons daar kry waar ons glo dat ons ’n wed­stryd kan wen,” het hy ge­sê.

“Ek weet hoe ek daar­van hou om af te rig en ek weet wat­ter ti­pe pa­troon ons moet speel en ons sal daar­voor top­fiks moet wees.

“Ons sal nie al­les in ’n paar we­ke reg­kry nie, maar ons moet hul­le (die spe­lers) help om die sleu­tel in hul kop­pe te draai om hul­le na die vol­gen­de vlak te neem."

Vol­gens C­hei­ka kan die ko­men­de krag­me­tings met die All Blacks die “mees in­ten­se” wees waar­in sy spe­lers nog be­trok­ke was.

Die Wal­la­bies speel ná die toets in Syd­ney ’n week la­ter teen die All Blacks in Du­ne­din.

C­hei­ka het be­ves­tig die veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler Kurt­ley Be­a­le her­stel van ’n dy­spier­be­se­ring.

Kar­mi­cha­el Hunt, wat in Ju­nie die Wal­la­bies se bin­ne­sen­ter was, sal eg­ter ’n tyd lank weens ’n en­kel­be­se­ring moet uit­sit.

Ná die tyd­jie in Ne­w­cas­t­le sal die Wal­la­bies vir ’n twee­de oe­fen­kamp in die dor­pie Ces­snock aan­meld. Dit word glo ge­doen om “har­te van on­der­steu­ners bui­te die groot ste­de te wen”.

“Ons wil die men­se in die plat­te­land­se ge­bie­de wys waar­oor dit by die Wal­la­bies gaan,” het C­hei­ka ge­sê.

■ Die pleis­ters wat oor die spe­lers se mon­de ge­plak is moet hul­le glo help om deur hul neu­se a­sem te haal.

Spe­lers se oë word in ’n an­der oe­fe­ning ook toe­ge­plak met an­der spe­lers wat hul­le dan rond­lei. Dis glo om ver­troue on­der me­kaar te kweek, het die brei­ers­korps ver­dui­de­lik.

Fo­to: GETTY IMAGES

Nee, die Wal­la­bies hard­loop nie vir die All Blacks weg nie, hul­le oe­fen so­dat hul­le da­rem so ’n bie­tjie teen­stand aan die Nieu­See­lan­ders kan bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.