Hei­ning met Mo­sam­biek dalk her­stel

529 re­nos­ters van­jaar al land­wyd ge­stroop

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die hei­ning tus­sen Suid-A­fri­ka en Mo­sam­biek in die Kru­ger­wild­tuin sal dalk her­stel word om re­nos­ter s­tro­pe­ry en die on­wet­ti­ge mi­gra­sie uit buur­lan­de te be­kamp.

No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging, het gis­ter die jong­ste ver­wik­ke­lin­ge oor re­nos­ter- en o­li­fants­tro­pe­ry saam met Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, en Da­vid Mahlobo, mi­nis­ter van staats vei­lig­heid, in die par­le­ment be­kend ge­maak.

Mo­le­wa sê die gro­ter sa­me­wer­king tus­sen ver­skil­len­de staats­in­stel­lings het tot’ n af­na­me in re­nos­ter s­tro­pe­ry ge­lei.

Van Ja­nu­a­rie tot Ju­nie is 529 re­nos­ters land­wyd ge­stroop. Dit is 13 re­nos­ters min­der as in die eer­ste ses maan­de van ver­le­de jaar.

Op die vraag of dit sal help om die hei­ning tus­sen SuidA­fri­ka en Mo­sam­biek te her­stel, aan­ge­sien tal­le stro­pers van Mo­sam­biek se kant af kom, sê Ma­pi­sa-N­qa­ku­la dit is een van die moont­lik­he­de wat die in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le taak­span wat pres. Ja­cob Zu­ma aan­ge­stel het om re­nos­ter s­tro­pe­ry te be­veg, oor­weeg.

Vol­gens Ma­pi­sa-N­qa­ku­la is des­tyds in die Mandela-re­ge­ring oor­een­ge­kom om van die hoë hei­ning tus­sen die twee lan­de ont­slae te raak.

“Die si­tu­a­sie het aan­sien­lik ver­an­der. Ek dink nie hul­le het des­tyds ver­wag dat re­nos­ter s­tro­pe­ry en on­wet­ti­ge mi­gra­sie uit buur­lan­de he­den­daag­se pro­ble­me sou word nie.

“Weens die hui­di­ge si­tu­a­sie moet ons daar­die be­sluit her­sien.

“Ons moet wel baie ver­sig­tig wees om­dat die hei­ning as ’n vroe­ë­waar­sku­wing­stel­sel moet dien eer­der as om men­se uit buur­lan­de ska­de (soos met ge­ë­lek­tri­fi­seer­de hei­nings) te be­rok­ken.”

Vol­gens Mo­le­wa is so­wat 359 ver­meen­de stro­pers en smok­ke­laars se­dert Ja­nu­a­rie land­wyd in heg­te­nis ge­neem, 90 van hul­le in die Kru­ger­wild­tuin.

“Ons is deeg­lik be­wus daar­van dat hier­die in­heg­te­nis­ne­mings tot suk­ses­vol­le on­der­soe­ke en ver­vol­gings moet lei om ’n slag teen re­nos­ter s­tro­pe­ry te kan slaan.”

Mo­le­wa sê sy is daar­om bly dat die streek­hof in S­ku­ku­za se­dert Maart sit en dit tot ’n aan­tal suk­ses­vol­le ver­vol­gings ge­lei het.

“Die een­heid vir vee­dief­stal en vir be­dreig­de spe­sies speel ook ’n kern­rol om te ver­se­ker dat re­nos­ter s­tro­pe­ry-sa­ke ver­hoor word.

“Se­dert Ja­nu­a­rie is 22 oor­tre­ders ge­sa­ment­lik tot 95 jaar tronk­straf ge­von­nis.

“By­ko­mend werk die Val­ke ook saam met an­der re­ge­rings de­par­te­men­te en ne­ge sa­ke word tans on­der­soek waar­in 13 ver­dag­tes aan­ge­keer en op so­wat 140 kg re­nos­ter­ho­rings be­slag ge­lê is.

“Die ge­ko­ör­di­neer­de po­gings tus­sen die Val­ke, die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens se doe­a­ne-een­heid en die Groen S­ker­pi­oe­ne be­gin ook in die af­ta­ke­ling van smok­kel­net­wer­ke vrug­te af­werp,” sê Mo­le­wa.

Vol­gens haar is so­wat 243 re­nos­ters van Ja­nu­a­rie tot Ju­nie in die Kru­ger­wild­tuin ge­stroop in ver­ge­ly­king met die 354 in 2016.

Die ver­be­ter­de teen stro­pe­ry­be­dry­wig­he­de in die wildtuin het wel ver­oor­saak dat stro­pers na an­der pro­vin­sies, ver­al na Kwa Zu­lu-Na­tal, skuif.

Fo­to: CORNÉL VAN HEER­DEN

Die grens­hei­ning tus­sen Suid­A­fri­ka en Mo­sam­biek is plek­plek laat sak as deel van die oor­een­koms tus­sen die Kru­ger­wild­tuin en die Gro­ter Lim­po­po­oor­grens­park. Been­de­re van ’n re­nos­ter is op die voor­grond sig­baar.

Da­vid Mahlobo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid.

No­si­vi­we Ma­pi­saN­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging.

Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.