On­der­soek glo ge­staak

C­hi­nees wat uit­praat steeds soek

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die on­der­soek om te be­paal of Da­vid Mahlobo, mi­nis­ter van staats vei­lig­heid, ’n goeie vriend was van ’n er­ken­de fi­guur in die on­wet­ti­ge han­del in re­nos­ter­ho­rings, het amp­te­lik in ’n dood­loop­straat be­land.

Dit is om­dat Gu­an Ji­ang Gu­ang, ’n C­hi­ne­se bur­ger wat dié be­we­rings ver­le­de jaar in’ n Al Ja z e e­ra­do­ku­men­têr, The Po­a­chers Pi­pe­li­ne, teen Ma hlo­bo ge­maak het, nog ver­mis word.

Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, het gis­ter in die par­le­ment ge­sê Gu­an se ver­dwy­ning het dit vir die wets­toe­pas­sing sa­gent­skap­pe baie moei­lik ge­maak om die be­we­rings ver­der te on­der­soek.

Sy, No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging, en Mahlobo het in die par­le­ment oor re­nos­ter s­tro­pe­ry ge­praat.

Die ho­ring­han­de­laar was die ei­e­naar van ’n mas­seer­sa­lon en be­weer­de bor­deel in M­bom­be­la (Nel­spruit).

Mo­le­wa het ge­sê toe die be­we­rings des­tyds ge­maak is, het Mahlobo “baie gou ge­re­a­geer” en ge­sê hy is ge­reed om hom aan ’n vol­le­di­ge on­der­soek te on­der­werp.

“Die man het die be­we­rin­ge ge­maak en daar­na net ver­dwyn.

“Daar is dus geen ma­nier waar­op ons die be­we­rings ver­der kan on­der­soek nie be­hal­we as die man hom be­skik­baar stel om ’n ver­kla­ring af te lê.

“As jy my vra, word die aan­ge­leent­heid tans nie on­der­soek nie.”

Mahlobo het net ge­sê hy wag op vor­de­ring in die klag (van naam­sken­ding) wat hy teen Gu­an in­ge­dien het.

In die do­ku­men­têr het Gu­an o­pen­lik ge­spog oor hoe hy im­mi­gra­si­een wets­toe­pas­sing s be­amp­tes om­koop.

Hy het die be­we­rings ge­maak ter­wyl ’n ver­steek­te ka­me­ra hom af­ge­neem het.

In die do­ku­men­têr word fo­to’s van hom en Mahlobo op sy sel­foon ge­wys.

“Hy (Mahlobo) het el­ke week na my mas­seer­sa­lon ge­kom – min­stens twee keer per maand. Ek ken hom baie goed. Hy was al ’n gas in my huis,” sê Gu­an in die do­ku­men­têr.

Mahlobo het Gu­an se be­we­rings des­tyds in ’n ver­kla­ring as “on­ge­grond en las­ter­lik” be­stem­pel.

In die ver­kla­ring het Mahlobo ver­der ge­sê hy het op sy be­soek aan die M­bom­be­la-spa geen i­dee ge­had waar­by Gu­an be­trok­ke is nie.

Hy het ook ont­ken dat hy Gu­an se huis al ooit be­soek het of dat hy Gu­an se vriend was.

Mahlobo sê ver­der in die ver­kla­ring die fo­to’s van hom en Gu­an is op Gu­an se ver­soek ge­neem waar hy (Mahlobo) by ’n ma­ni­kuur­ta­fel ge­sit het.

Fo­to: LERATO MADUNA

Da­vid Mahlobo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.