N­Kaap dalk brand­punt in lei­er­stryd

Beeld - - Nuus - C­har­né Kemp

Uit die uit­no­di­ging aan pres. Ja­cob Zu­ma om die hoof­spre­ker op die Vrou­e­dag­vie­ring op 9 Au­gus­tus in die Noord-Kaap te wees, blyk dit dat die pro­vin­sie ’n brand­punt kan wees aan die voor­aand van die ANC se na­si­o­na­le lei­ers­ver kie­sing in De­sem­ber.

Nie net was Zu­ma twee na­we­ke ge­le­de in die ge­heim in Kim­ber­ley om met die pro­vin­si­a­le ANC-lei­ers te ver­ga­der nie, maar dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, sy eks­vrou en sy voor­keur-ANC-pre­si­dent s kan­di­daat, het toe ook ’n o­pen­ba­re be­soek aan die Di­a­mant­stad ge­bring.

Vol­gens dr. Set­hu­le­go Ma­te­be­si, ’n po­li­tie­ke ont­le­der ver­bon­de aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, word al­les reeds in die stryd ge­werp om ANC-stem­ge­reg­tig­des aan se­ke­re kan­di­da­te se kant te kry.

“Dis baie in­te­res­sant dat men­se nou al hul wa­re voor­keur vir kan­di­da­te vir die pre­si­dent­skap wys, heel­wat vroe­ër as voor die vo­ri­ge ver­kie­sing in 2012 in Man­gaung.

“Dit toon die erns van die stryd. Daar is groot kom­mer dat Zu­ma sy mag kan ver­loor, wat hy na­tuur­lik nie sal en wil toe­laat nie. Die ge­volg­li­ke mags­ver­lies is by­na on­houd­baar. Daar is by­voor­beeld die me e­ras 780 kor­rup­sie aan­klag­te wat weer teen hom in­ge­stel kan word.

“El­ke stem gaan tel, al is dit in die Noord-Kaap.”

Die Noord-Kaap is blyk­baar ver­deel tus­sen die voor­lo­pers, Dla­mi­niZu­ma en adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa.

“Met die on­lang­se ver­kie­sing van Za­ma­ni Saul, ’n on­der­steu­ner van Ra­map­ho­sa, as pro­vin­si­a­le ANC­voor­sit­ter is die slag­or­de op­ge­stel.”

Syl­via Lu­cas, Noord-Kaap­se pre­mier, en die ANC se vroue- en jeug­li­ga in die pro­vin­sie steun Dla­mi­niZu­ma.

“Hoe­wel die vroue- en jeug­li­ga amp­te­lik ag­ter Dla­mi­ni-Zu­ma staan, be­te­ken dit nie dat al­le tak­ke in die stem­me­ry by die man­daat gaan bly nie. Baie tak­ke en le­de kan uit eie oor­tui­ging of in ei­e­be­lang an­ders stem as wat voor­ge­skryf word.

“Daar steek waar­heid in ge­rug­te dat selfs ’n pro­vin­sie soos die Noord-Kaap, wat weens sy yl be­vol­king min­der stem­ge­reg­tig­des op die kon­fe­ren­sie sal hê, die deur­slag kan gee.

“Dit sal ver­al van be­lang wees as die ver­deeld­heid in Kwa Zu­lu-Na­tal en moont­li­ke lo­ja­li­teit s ver­an­de­rings in M­pu­ma­lan­ga die Dla­mi­ni-Zu­ma­kamp be­na­deel.

“As Ra­map­ho­sa ver­kies word, sal dit die land en die bui­te­land moont­lik hoop gee om­dat hy blyk­baar Zu­ma se teen­pool is,” sê Ma­te­be­si.

Fo­to: EMILE HENDRICKS

Dr. Set­hu­le­go Ma­te­be­si, po­li­tie­ke ont­le­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.