OB be­ves­tig Mo­le­fe se R30 m. word be­kyk

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), gaan on­der­soek in­stel na die goue hand­druk van R30 mil­joen wat E­s­kom vir B­ri­an Mo­le­fe, sy voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof, goed­ge­keur het.

Na­ta­sha Maz­zo­ne, DA-woord­voer­der oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het gis­ter ge­sê Mkhwe­ba­ne se kan­toor het be­ves­tig dat die OB die be­ta­ling gaan on­der­soek.

Die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings be­gin ook van­dag met voor­be­rei­dings­werk vir sy on­der­soek na Mo­le­fe, E­s­kom en be­we­rings oor s­taat­skaping.

Die OB sê die DA se klag is aan ’n se­ni­or on­der­soe­ker oor­han­dig. Om­dat die DA se klag oor­een­stem met twee an­der klag­te oor die kwes­sie sal dit saam on­der­soek word.

Die DA het die on­der­soek aan­ge­vra na­dat dit vroe­ër van­jaar aan die lig ge­kom het dat E­s­kom se di­rek­sie, toe nog on­der die voor­sit­ter­skap van dr. B en N­gu­ba­ne, pen­si­oen uit­be­ta­ling van R 30 mil­joen aan Mo­le­fe goed­ge­keur het.

Maz­zo­ne sê die OB-on­der­soek moes lank­al be­gin het, ge­ge­we die o­pen­ba­re woe­de oor die on­re­ël­ma­ti­ge goue hand­druk wat la­ter’ n“pres­ta­sie bo­nus” en toe’ n“pen­si­oen uit­be­ta­ling” ge­word het.

Sy sê dit is ’n erns­ti­ge mis­bruik van staats­geld, ver­al na­dat Mo­le­fe in be­lang van goeie kor­po­ra­tie­we be­stuur be­dank het toe sy noue ban­de met die Gup­ta-fa­mi­lie in die voor­ma­li­ge OB, adv. T­hu­li Ma­don­se­la, se ver­doe­men­de ver­slag oor s­taat­skaping ont­hul is.

“Hy moet el­ke sent te­rug­be­taal wat hy reeds ge­kry het. E­s­kom is diep in ’n fi­nan­si­ë­le ver­knor­sing en die R30 mil­joen sal help om sta­bi­li­teit in die in­stan­sie te bring.”

Dit is on­aan­vaar­baar dat ie­mand soos Mo­le­fe, wat diep in die Gup­tas se sak­ke is, ver­goed word, nie om­dat hy goeie werk vir die men­se van die land ge­doen het nie, maar om een fa­mi­lie se be­lan­ge te dien.

“Die DA sal aan­hou ba­klei om die diep­ge­wor­tel­de kor­rup­sie by E­s­kom uit te roei. Suid-A­fri­ka­ners ver­dien staats­amp­te­na­re wat werk om hul le­we te ver­be­ter, nie men­se wat net daar­in be­lang stel om hul­self te ver­ryk nie,” het Maz­zo­ne ge­sê.

B­ri­an Mo­le­fe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.