Des sy­stap vrae oor Gup­ta­ver­hou­ding

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

Des van Rooy­en, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, het vrae in die par­le­ment oor ’n reis na Du­bai en sy ver­hou­ding met die Gup­ta-fa­mi­lie gesystap deur te sê dit is sub ju­di­ce.

Mo­si­u­oa Le­ko­ta, lei­er van Co­pe, en Wil­lie Ma­disha, Co­pe-LP, het vrae oor hul ver­hou­ding met die Gup­tas aan pres. Ja­cob Zu­ma, Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, en Van Rooy­en ge­stel.

Gi­ga­ba ont­ken dat hy ’n bank­re­ke­ning in die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te (VAE) ge­o­pen het.

Le­ko­ta wou by Gi­ga­ba weet of hy ’n bank­re­ke­ning in die VAE ge­o­pen of ge­had het, wat die om­stan­dig­he­de was en of die re­ke­ning steeds be­staan. Gi­ga­ba het daar­op net “nee” ge­ant­woord.

Le­ko­ta het Van Rooy­en ge­vra oor die reis wat hy in De­sem­ber 2015 na Du­bai on­der­neem het. Dié reis is na be­we­ring deur die Gup­tas ge­borg en ge­re­ël.

Le­ko­ta wou spe­si­fiek weet wie sy reis na Du­bai in De­sem­ber 2015 ge­re­ël en wie daar­voor be­taal het, wat die doel daar­van was en wat sy ver­hou­ding met die Gup­tas is. Daar­op het Van Rooy­en ge­ant­woord: “Die kwes­sie is sub ju­di­ce.”

Zu­ma het in ant­woord op vrae van Ma­disha her­haal dat hy nie ’n huis in Du­bai be­sit nie. Ma­disha wou by Zu­ma weet of hy ver­blyf in die VAE vir hom­self of sy fa­mi­lie pro­beer vind het, of hy ei­en­dom daar ge­koop het en of e­nig­ie­mand ’n huis na­mens hom in dié land ge­koop het.

Zu­ma het gis­ter in sy ant­woord ge­sê: “Ek wil graag her­haal dat ek geen ei­en­dom bui­te Suid-A­fri­ka be­sit nie. Ver­der het ek nie­mand ver­soek om vir my of na­mens my ei­en­dom in die bui­te­land te koop nie. Ek het ook geen ver­blyf bui­te Suid-A­fri­ka vir my­self of my na­bye fa­mi­lie pro­beer vind nie,” lui sy ant­woord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.