DStv re­a­geer op ANN7­ei­se

Beeld - - Nuus - – Bar­nard Beuk­man

DStv het ’n bin­den­de oor­een­koms met die om­stre­de Gup­ta-ka­naal ANN7 en word wet­lik ver­plig om dit na te kom, maar het gis­ter laat blyk dat as regs­gron­de op­duik wat ver­eis dat die kon­trak be­ëin­dig word, “ons dit se­ker­lik sal doen”.

Jackie Re­git­la, Mul­tiC­hoi­ce se hoof­be­stuur­der vir kor­po­ra­tie­we sa­ke, het gis­ter by na­vraag teen­oor Beeld ge­re­a­geer na aan­lei­ding van die Fu­tu­re of South A­fri­ca-kon­fe­ren­sie ver­le­de week waar­op steun uit­ge­spreek is vir ’n veld­tog om ANN7 van DStv te laat ver­wy­der.

Die kon­fe­ren­sie is deur die Ahmed Kathra­da-stig­ting en Sa­ve SA aan­ge­bied.

Vol­gens Re­git­la is DStv ’n plat­form wat baie plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le nuus­ka­na­le met ’n wye spek­trum van me­nings uit­saai.

Dit sluit in SAUK Nuus, eNCA, ANN7, Bu­si­ness Day TV, CNN, Sky News, Rus­sia To­day, CCTV en Al Ja­zeera.

“Ons het nie re­dak­si­o­ne­le be­heer oor die in­houd wat der­de­par­ty-voor­sie­ners uit­saai nie en ons on­der­skryf ook geen be­paal­de stand­punt nie. Ons is ’n ver­ant­woor­de­li­ke kor­po­ra­tie­we bur­ger en waar regs­gron­de op­duik wat ver­eis dat die kon­trak be­ëin­dig word, sal ons dit se­ker­lik doen.”

Re­git­la wys daar­op dat ky­kers wat nie saam­stem met die re­dak­si­o­ne­le in­houd van e­ni­ge ka­naal nie on­af­hank­lik van DStv by die Uit­saai klag­te kom­mis­sie kan kla.

Hy het nie di­rek ge­ant­woord op vrae oor na­de­re be­son­der­he­de van die oor­een­koms, wat­ter be­ta­ling na wie vloei, of daar di­rek­te on­der­han­de­lin­ge met e­ni­ge Gup­ta-fa­mi­lie­lid was en of vas­ge­stel is of e­ni­ge be­ta­ling kom van geld wat deur s­taat­skaping ver­kry is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.