S­koon­sus ver­tel van op­na­mes

TV­ ak­tri­se baie lief vir Joost, was daar

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Joost van der West­hui­zen se skoon­sus­ter was teen­woor­dig toe die op­na­mes ge­maak is waar­in dit klink of Amor Vit­to­ne vir Joost uit­skel.

“Ek was daar toe dit op­ge­neem is,” sê Ma­rij­ke (34), wat se­we jaar lank met Joost se broer, Pie­ter, ge­troud was.

Dié ak­tri­se en dan­ser ver­tolk die rol van Ma­ry­ke de Vil­liers in die kykNET-se­pie Ge­troud met rug­by.

Sy be­ves­tig dat sy baie na aan Joost was en baie lief vir hom was.

Haar en Pie­ter se paaie het in A­pril ge­skei. Pie­ter het min­der as drie maan­de na­dat Joost weens mo­tor neu­ron siek­te (MNS) dood is, be­ves­tig dat hul­le ver­vreemd is.

Pie­ter is die ek­se­ku­teur van Joost se boe­del en die di­rek­teur van die J9-stig­ting, wat hom vir MNS-ly­ers be­y­wer.

Ma­rij­ke sê sy weet wie die op­na­me ge­maak het, maar wou niks meer sê nie.

Vit­to­ne kon se­dert Sa­ter­dag nie vir kom­men­taar be­reik word nie. Sy het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Sy het Son­dag op Fa­ce­book ge­sê sy is van Kaap­stad af op pad Port E­li­za­beth toe.

Sy is se­dert Sa­ter­dag in die Kaap. Sy sou gis­ter­aand’ n mo­ti­ve­rings­praat­jie le­wer e nis be­sig met op­na­mes vir die TV-werk­lik­heid s reeks Dan sin­jo u taal, wat la­ter van­jaar op kykNET Nou uit­ge­saai word.

Sy het Son­dag fo­to’s op Fa­ce­book ge­plaas van waar sy glim­lag­gend saam met haar span bus ry. On­der­aan het ver­skeie van Vit­to­ne se on­der­steu­ners kom­men­taar ge­le­wer.

“Ie­mand sit ag­ter daar­die vi­deo en dit klink nie naas­ten­by soos Amor se stem nie. Dis skok­kend hoe laag men­se sal daal om an­der te ver­woes,” het Lien­tjie Son­skyn Marais op Vit­to­ne se Fa­ce­book-muur ge­skryf.

A­bi­gail S­tuur­man Mood­ley het eg­ter ge­skryf: “Jy het er­ken dis jou stem . . . Jy maak my naar en tot in sy dood hard­loop jy rond met sy naam om ge­sien te word.”

Na­ta­scha du P­les­sis het ge­skryf: “Staan sterk, Amor, dis vies­lik die goed wat nou op Fa­ce­book rond­gaan, hier is kin­ders be­trok­ke wat nog hart­seer is en treur oor die ver­lies van hul­le pa en men­se gaan uit hul­le pad om die le­we vir hul­le moei­lik te maak. Jul­le be­hoort jul­le te skaam. Joost draai in sy graf om as hy moet sien waar­deur sy kin­ders moet gaan. Amor, ons bid vir jou en jou kin­ders.”

Die Van der West­hui­zen-fa­mi­lie het die na­week ge­sê hul­le is al lank be­wus van dié en an­der soort­ge­ly­ke klank­op­na­mes wat Joost ge­maak het en dat hul­le dit nie uit­ge­reik het nie.

Vol­gens O­det­te S­ch­weg­ler, die fa­mi­lie woord­voer­der, het Joos t se fa­mi­lie niks te doen ge­had met die maak of ver­sprei­ding van die op­na­mes nie.

S­ch­weg­ler het vroe­ër ge­sê Joost het ver­skeie ge­sprek­ke tus­sen hom en Amor op­ge­neem waar­in sy hom ver­baal mis­han­del het. Vol­gens S­ch­weg­ler is die op­na­me wat nou uit­ge­lek het, ja­re ge­le­de ge­maak en weet die Van der West­hui­zen-fa­mi­lie nie in wat­ter ma­te Joost die op­na­mes ver­sprei het nie.

Fo­to: MARGUERITE VERMEULEN

Ma­rij­ke van der West­hui­zen in A­pril ver­le­de jaar by haar swa­er, Joost.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.