Meer as 90 in hos­pi­taal ná hul­le dronk word by kon­sert

Beeld - - Nuus -

Meer as 90 jong men­se het Vry­dag­aand op ’n kon­sert van C­han­ce the Rap­per in die hos­pi­taal be­land – meest­al weens oor­ma­ti­ge al­ko­hol­ge­bruik.

Tie­ners en jong men­se van iets in die 20 het die kon­sert in Hart­ford, Con­nec­ti­cut, by­ge­woon.

“Baie van hul­le was erg on­der die in­vloed,” sê B­ri­an Fo­ley van die po­li­sie.

Be­amp­tes het 50 min­der­ja­ri­ges weens drank­mis­bruik aan­ge­keer op die kon­sert, wat deur ’n ra­di­o­sta­sie aan­ge­bied is.

Die mees­te van hul­le is ge­dag­vaar om in die hof te ver­skyn.

Kapt. Raul O­ritz, Hart­ford se brand­weer­hoof, het aan Hart­ford Cou­rant ge­sê daar was so baie pa­si­ën­te dat van hul­le na hos­pi­ta­le bui­te Hart­ford ge­bring moes word.

Een 19-ja­ri­ge man het ’n bloedal ko­hol­vlak van 0,5 ge­had, tien keer so­veel as wat die wet­ti­ge perk in Suid-A­fri­ka is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.