Dorp se ‘hoof­mei­sie’ was goed vir al­mal

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Haar plaas­wer­kers het haar “ou­ma El­sa” ge­noem en vrees hul­le gaan son­der werk sit nou­dat sy ver­moor is.

So het twee plaas­wer­kers gis­ter bui­te die hof in S­chwei­zer-Re­ne­ke in Noord­wes ge­sê waar El­sa Eras­mus (74) se ver­meen­de moor­de­naars ver­skyn het.

Sy is op 1 Ju­lie ver­krag en ver­moor op haar plaas na­by A­ma­lia in die S­chwei­zer-Re­ne­ke-dis­trik waar sy al­leen ge­boer het se­dert haar man, Hen­drik, se dood so­wat drie jaar ge­le­de.

Sy is ver­moe­de­lik met haar eie vuur­wa­pen dood­ge­skiet.

Die drie ver­meen­de moor­de­naars het gis­ter be­sluit om hul borg­to­gaan­soek te laat vaar. T­ha­ta­et­si­le Sam Ma­re­te­le, I­tu­me­leng An­dries Se­rai en O­ba­keng Alf­red Mo­pa­la­mi ver­skyn weer op 21 Au­gus­tus op aan­klag­te van on­der meer moord, ver­krag­ting, huis­braak en voer­tuig dief­stal.

Twee van Eras­mus se plaas­wer­kers het gis­ter ver­tel hul­le werk vir eers nog op die plaas om die die­re te ver­sorg, maar dat hul­le nou on­se­ker is oor hul toe­koms. Dis nie se­ker of die plaas ver­huur of ver­koop gaan word nie.

Die wer­kers wil nie ge­ï­den­ti­fi­seer word nie uit vrees vir in­ti­mi­da­sie.

“Ek het nie mooi ge­voel nie, my hart was seer. Ek kon ’n week lank nie be­hoor­lik eet na­dat sy ver­moor is nie,” sê een plaas­wer­ker.

“Sy was goed vir ons en het my ge­help en geld ge­leen.”

Nog ’n plaas­wer­ker wat 25 jaar lank vir die Eras­mus­se ge­werk het, het net sy kop ge­skud. “Ek het lek­ker ge­werk.”

In­wo­ners van S­chwei­zer-Re­ne­ke sê Eras­mus was “die hoof­mei­sie van die dorp”. Sy was by tal­le ver­e­ni­gings be­trok­ke en skri­ba by haar kerk.

“Sy was ’n sag­te mens,” sê Sa­rel S­try­dom, DA-raads­lid in die dis­trik s mu­ni­si­pa­li­teit.

“Sy sou vir die ro­wers kos ge­gee het as hul­le net ge­vra het. Tan­nie El­sa het ge­reeld vir haar plaas­wer­kers vleis en groen­te ge­gee. Baie men­se in ons om­ge­wing is af­hank­lik van die boe­re­ge­meen­skap.”

Coen­rad Herb­st, DA-raads­lid in S­chwei­zer-Re­ne­ke, sê die po­li­sie se “on­ver­moë om ge­meen­skap­pe te be­skerm” ver­oor­saak dat men­se in vrees leef en dit kan daar­toe lei dat die plat­te­land leeg­loop.

Herb­st meen ’n moont­li­ke op­los­sing is ’n spe­si­a­li s­een­heid wat ge­meen­skap­pe kan in­fil­treer en voor­ko­mend op­tree.

Dr. Jo­han Bur­ger, se­ni­or na­vor­ser van die In­s­ti­tuut vir Se­ker­heid stu­dies, het vroe­ër ge­sê die er­ge toe­na­me in ge­weld­da­di­ge roof­tog­te die af­ge­lo­pe vyf jaar in Suid-A­fri­ka is deels toe te skryf aan lei­ers­pro­ble­me in die po­li­sie. Bur­ger meen dit ver­oor­saak dat die mis­daad in­tel­li­gen­sie­diens te wat mis­daad moet voor­kom ge­brek­kig funk­si­o­neer.

Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Die han­de van een van El­sa Eras­mus se plaas­wer­kers wat nou on­se­ker is oor sy toe­koms na­dat sy op haar plaas na­by S­chwei­zer­Re­ne­ke ver­moor is. Die wer­kers wat by die hof was, wil a­no­niem bly uit vrees vir vik­ti­mi­se­ring.

El­sa Eras­mus (74) se be­graf­nis­brief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.