R18 m. glo ge­buit

Geld­wa ‘op­ge­blaas’ in Long Tom­pas

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

’n Groep ver­meen­de transitorowers het gis­ter nie ge­skroom om op ’n pa en sy twee kin­ders in ’n woon­buurt in M­bom­be­la (Nel­spruit) los te brand nie.

Die man (44), wie se naam op ver­soek weer­hou word, was om­streeks 07:15 met sy twee kin­ders na die La­er­skool La­e­veld in Wes-Ak­ker op pad toe ’n wit Mer­ce­des-Benz-E-klas en ’n don­ker­blou Ford Fo­cus ST glo op ’n wit streep ver­by hom ge­jaag het.

“Die man wou die be­stuur­ders be­ris­pe en het hul­le in sy bak­kie ag­ter­na­ge­sit,” sê kapt. Da­wie P­re­to­ri­us, po­li­sie­woord­voer­der.

Hy het die een mo­tor in­ge­haal, maar toe hy na­der kom, sien hy dat die in­sit­ten­des tot die tan­de toe ge­wa­pen is.

“Hy’t pro­beer weg­kom, maar die Mer­ce­des het voor hom in­ge­jaag. Een van die in­sit­ten­des het toe uit­ge­spring en op hom ge­skiet voor­dat hul­le weg­ge­jaag het.”

Die man is in die reg­ter­arm ge­wond en het in ’n bloed­be­smeer­de bak­kie by ’n plaas­li­ke pri­va­te hos­pi­taal aan­ge­kom vir be­han­de­ling.

“Die dok­ter aan diens het ook vei­lig­heids­wag­te be­han­del wat vroe­ër die dag be­seer is in ’n tran­si­to­roof­tog na­by die Long Tom-pas. Toe hy hoor wat­ter voer­tuie be­trok­ke was by die skiet­voor­val na­by die hoek van Per­cy Fitz pa­trickry­laan en I­bis­straat in WesAk­ker het hy twee en twee by­me­kaar­ge­sit en Bos­sies Jus­ti­ce ge­kon­tak ,” sê Al­bert Gry­ven­stein, be­dryfs­be­stuur­der van die ge­meen­skap s vei­lig­heid s or­ga­ni­sa­sie Bos­sies Jus­ti­ce.

Gry­ven­stein het die to­neel van die skiet­voor­val on­der­soek en op se­we koe­ël­dop­pies af­ge­kom.

“Die dop­pies kom uit ’n aan­vals­ge­weer soort­ge­lyk aan ’n R-5 of ’n AK4 en is aan die po­li­sie oor­han­dig,” sê hy.

S­kaars ’n uur en ’n kwart vroe­ër het transitorowers ’n pant­ser­voer­tuig van SBV aan­ge­val.

Hen­nie Pot­gie­ter, tak­tie­se be­stuur­der van Hi­tech Nel­spruit CSG Hol­dings, het van die voor­val ge­hoor en sy span ont­plooi om op die uit­kyk te wees vir die ro­wers.

“Noem dit ’n voor­ge­voel, maar ek is self na die N4, waar ’n Mer­ce­des en Ford Fo­cus het aan­ge­jaag ge­kom het. Hul­le het na M­bom­be­la ge­jaag en by Gra­niet­straat in die woon­buurt (waar die skie­te­ry plaas­ge­vind het) in­ge­draai.”

In die tran­si­to­roof­tog om­streeks 06:00 was so­wat tien mans in min­stens vier voer­tuie be­trok­ke.

Die geld­wa het ge­rol toe ’n an­der wit Mer­ce­des-Benz op die R37 na Mashis­hing (Ly­den­burg) daar­teen ge­bots het.

Vol­gens sers. Ge­rald Se­di­be, po­li­sie­woord­voer­der van M­pu­ma­lan­ga, het die ro­wers spring­stof ge­bruik om die tran­si­to voer­tuig oop te kry en met ’n on­be­ken­de be­drag geld weg­ge­kom.

“Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie en die po­li­sie on­der­soek ’n saak van ge­wa­pen­de roof.”

Hy het be­ves­tig dat die po­li­sie ’n Jeep C­hero­kee na­by Bar­va­le op die N4 na M­bom­be­la ge­kry het wat ver­moe­de­lik in die roof­tog ge­bruik is.

“’n Pak geld, nie baie nie, is te­rug­ge­kry.”

G PS New s ,’ n ge­meen­skap s koe­rant van Sa­bie, be­rig R18 mil­joen is in die roof­tog ge­buit. SBV wou nie uit­wei nie.

“Ons span ver­dien ver­mel­ding vir die dap­per ma­nier waar­op hul­le die ge­weld­da­di­ge aan­val pro­beer af­weer het,” sê Mark Bar­rett, be­stuurs­hoof van SBV Suid-A­fri­ka. SBV bied ’n be­lo­ning van R1 mil­joen aan vir die suk­ses­vol­le ver­vol­ging van die ro­wers. Men­se met in­lig­ting oor die roof­tog kan SBV by 083 408 7029 bel.

Die geld­wa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.