Vrou weet nie le­wens­maat, seuns is dood

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die vrien­din van die P­re­to­ri­a­se sa­ke­man wat ’n week ge­le­de saam met sy twee seuns in ’n mo­tor­bot­sing op pad te­rug van va­kan­sie in Mo­sam­biek dood is, weet nog nie van die tra­ge­die nie.

Die 47-ja­ri­ge Gil­li­an Clar­ke (voor­heen Ven­ter) is erns­tig be­seer in die bot­sing op die N4 tus­sen Ma­la­la­ne en Hec­tor­spruit in M­pu­ma­lan­ga.

Sy en Hein­rich Kie­ser was so­wat se­we jaar lank ’n paar­tjie. Kie­ser en sy twee seuns, Chris­ti­an (15) en Al­din (12), is in die bot­sing dood.

Pie­ter Ven­ter, Gil­li­an se eks­man, sê sy is steeds in die waak­een­heid van die Me­di­cli­nic M­bom­be­la (Nel­spruit).

“Sy be­gin sta­dig haar be­wus­syn her­win en dok­ters is be­sig om haar stel­sel­ma­tig van die a­sem­ha­lings­toe­stel af te haal.”

Sy het ’n skou­er, ’n en­kel en al haar rib­be ge­breek en ver­le­de week ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan om die bloe­ding in haar le­wer te stop.

Pie­ter en Gil­li­an se seun, Jor­dan (15), word in die waak­een­heid van die­self­de hos­pi­taal be­han­del.

Jor­dan, ’n kra­ni­ge sport­man wat ’n gr. 9-leer­ling aan die Paul Roos Gim­na­si­um in S­tel­len­bosch is, se bek­ken is ge­breek en hy het ’n ge­kraak­te ske­del en ’n long­be­se­ring op­ge­doen.

“Dit gaan ge­luk­kig el­ke dag be­ter met hom,” sê sy pa.

Ven­ter woon in Ge­or­ge en het hom na M­bom­be­la ge­haas na­dat die nood­diens­te hom ver­le­de Dins­dag van die bot­sing laat weet het.

Ven­ter het min­der as ’n half­uur voor die bot­sing nog per W­hat­sApp met Jor­dan ge­sels ter­wyl hy, sy ma en die Kie­sers op pad te­rug was van hul va­kan­sie in Mo­sam­biek.

Kie­ser se sil­wer­kleu­ri­ge Toyo­ta Rav4 het reg van voor teen ’n swaar vrag­mo­tor, wat glo vir ’n an­der mo­tor pro­beer uit­swaai het, ge­bots.

Kie­ser en sy twee seuns word Don­der­dag 12:00 in die P­re­to­ria-Oos-be­graaf­plaas be­gra­we.

’n Rou­diens vir hul­le word 14:30 in die ou­di­to­ri­um van P­re­to­ria Boys High, waar Chris­ti­an ’n gr. 9-leer­ling was, ge­hou. Al­din was in gr. 7 aan die Wa­ter­kloof P­ri­ma­ry S­chool.

Ven­ter sê weens die erns­ti­ge aard van Gil­li­an en Jor­dan se be­se­rings is daar geen ma­nier dat hul­le die Kie­sers se rou­diens en be­graf­nis sal kan by­woon nie.

“Sy weet nog nie dat Hein­rich en sy seuns dood is nie. Dit is ver­skrik­lik trau­ma­ties,” het Ven­ter gis­ter­mid­dag ge­sê.

Chris­ti­an en Al­din se ma, I­tha Kie­ser, is’n pro­duk­sie re­dak­teur van die tyd­skrif Wild & Jag. I­tha en Hein­rich was van me­kaar ver­vreem.

Jor­dan Ven­ter en sy ma, Gil­li­an.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.