Mo­del­baas se saak uit­ge­stel

Beeld - - Nuus - – Si­mon Son­ne­kus

Die hof­ver­rig­tin­ge oor die mo­del­baas wat skul­dig be­vind is op 32 aan­klag­te van on­der meer die ver­krag­ting van ’n min­der­ja­ri­ge en sek­su­e­le aan­ran­ding sal in Sep­tem­ber voort­gaan, on­ge­ag of die vol­le­di­ge tran­skrip­sies van die ver­hoor be­skik­baar is.

Da­wie de Vil­liers (37) se slag­of­fers was meest­al min­der­ja­ri­ge mei­sies wie se mo­del­loop­ba­ne hy be­stuur het.

Reg­ter Cas­sim Moo­sa het gis­ter­og­gend in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ge­sê die hof­ver­rig­tin­ge sal in Sep­tem­ber voort­gaan vir ar­gu­men­te ter ver­sag­ting of ver­swa­ring van von­nis en von­nis­op­leg­ging.

Adv. Ar­veena Per­sad, staats­aan­kla­er, het ge­sê die tran­skrip­sies is nie no­dig vir die von­nis­op­leg­ging nie, maar sal ge­bruik word in ’n aan­soek om ap­pèl.

“As die hof nog ’n uit­stel toe­staan, sal dit lyk of die hof na die be­skul­dig­de se kant oor­leun. Die ver­de­di­ging kan my vol­le­di­ge aan­te­ke­nin­ge oor die saak ge­bruik,” het Per­sad ge­sê.

Daar is in Ju­nie be­rig die klank­op­na­mes wat in die rond­gaan­de hof in Palm Rid­ge op­ge­neem is, is soek.

Moo­sa het die ver­rig­tin­ge uit­ge­stel tot 12 Sep­tem­ber, wan­neer die fi­na­le ar­gu­men­te voor von­nis­op­leg­ging aan­ge­hoor sal word.

De Vil­liers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.