Val­ke­kap­tein se nek in on­ge­luk ge­breek

Beeld - - Nuus - – Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Die rug­by­kap­tein van die Val­ke, JP Mos­tert, is in ’n erns­ti­ge toe­stand in die Ne­t­ca­re Mil­park-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg op­ge­neem na­dat hy en ’n vriend Vry­dag­aand na­by Gro­blers­dal in ’n mo­tor­on­ge­luk was.

Su­paRug­by het die nuus op sy Fa­ce­book­blad be­kend ge­maak en ge­sê hul­le dink aan Mos­tert se broer, die S­pring­bok-slot Fran­co Mos­tert, en sy fa­mi­lie en vrien­de.

Ru­dy Jou­bert, die Val­ke se af­rig­ter, het be­ves­tig dat JP se nek ge­breek is en dat hy la­ter die week ge­o­pe­reer gaan word.

“Hy is nog in die ho­ë­sorg­een­heid, maar ons kan da­rem sê hy is sta­biel,” het Jou­bert ge­sê.

Die oor­saak van die on­ge­luk is nog on­be­kend.

“Al wat ons nou weet, is dat hy en ’n vriend ie­wers op ’n plaas was. JP het nie self ge­ry nie, en ek het nog nie met die per­soon wat be­stuur het, ge­praat nie, so ons weet nie wat ge­beur het nie.”

Die bak­kie het glo op sy sy be­land en Mos­tert is erg be­seer. Dis nog nie be­kend wie die vriend is en of hy ook be­seer is nie.

Mos­tert se fa­mi­lie wou nie kom­men­taar le­wer nie.

JP Mos­tert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.