Man skul­dig aan seks­da­de met kin­ders

Beeld - - Nuus - – E­li­se Tem­pel­hoff

’n 39-ja­ri­ge man van Van­der­bijl­park is gis­ter in die streek­hof in Ve­ree­ni­ging skul­dig be­vind op twee aan­klag­te van sek­su­e­le aan­ran­ding van twee tien­ja­ri­ge mei­sies en van die be­sit van por­no­gra­fie­se vi­deo’s en 517 fo­to’s.

Jo­han Hen­drik van Dyk (39) is ook daar­aan skul­dig be­vind dat hy met sy sel­foon vier vi­deo’s ge­maak het van sek­su­e­le da­de met min­der­ja­ri­ges.

Hy is ook daar­aan skul­dig be­vind dat hy ’n twee­de tien­ja­ri­ge sek­su­eel aan­ge­rand het.

Van Dyk is ook daar­aan skul­dig be­vind dat hy in be­sit was van 517 fo­to’ s waar­op kin der por­no­gra­fie uit­ge­beeld word. Die fo­to’ s is van die in­ter­net af­ge­laai en die slag­of­fers is on­be­kend.

Die saak is tot 24 Au­gus­tus vir ’n voor von­nis ver­slag en im­pak ver­slae van die slag­of­fers uit­ge­stel. Van Dyk i sin Ju­nie ver­le­de jaar in heg­te­nis ge­neem en is se­dert­dien in aan­hou­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.