Vrag­mo­tor met graan slaan op N14 om

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

Ton­ne graan het gis­ter­og­gend op die Pi­ne­ha­ven-krui­sing aan die Wes-Rand ge­stort toe ’n vrag­mo­tor om­slaan.

Die be­stuur­der van die vrag­mo­tor het glo ge­suk­kel om die voer­tuig by die steil stuk pad waar die N14 en Hugo­weg kruis, tot stil­stand te bring. Hy wou daar links draai. Die vrag­mo­tor het uit Kru­gers­dorp se rig­ting ge­kom, het Nick Dol­l­man, woord­voer­der van Ne­t­ca­re 911, gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê. Die vrag­mo­tor en sy sleep­wa­ens het om­streeks 06:20 om­ge­slaan en oor die pad ge­val.

Al die ba­ne in die rig­ting van Ma­ga­lies­burg moes ge­sluit word, sê hy.

Die be­stuur­der is lig be­seer en na ’n hos­pi­taal ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.