Die­ge­ne om ons dra by tot ons mens­wees

Beeld - - Kommentaar - Pe­tro Han­sen

Gis­ter­aand loop my kind in my ka­mer in en ek kan sien iets groots is ver­keerd. Sy klem haar sel­foon vas. “Mam­ma, Chris­ti­an het drie uur ge­le­de saam sy pa en jon­ger boe­tie na­by Ko­ma­ti­poort ver­on­ge­luk. Hul­le het in ’n trok vas­ge­ry op pad te­rug van Mo­sam­biek af, Mam­ma.”

Haar hand met die foon val slap langs haar sy.

Wat sê ’n mens vir jou kind wan­neer ’n ge­lief­de skool­maat sterf?

Dit is mos ver­skrik­lik dat ’n kind, een wat ’n sport­man is, ’n mooi hart het, een met so­veel dro­me, se le­we op so ’n vroeë ou­der­dom van hom weg­ge­vat word.

Hoe troos ’n mens jou kind wan­neer ’n ge­lief­de pel wat bla­kend ge­sond en nog in die fleur van sy le­we was, uit die blou­te sterf?

Om ’n foon op te tel en iets te sê vir ie­mand wat ’n ge­lief­de ver­loor het, is al­tyd moei­lik.

Vir my voel dit nooit as­of my woor­de die hart­seer be­ter kan maak nie, maar dalk kan my woor­de net daar­die ie­mand wat in rou ge­dom­pel is, se hand kom vat.

Die aand toe my kind se hart in stuk­ke voor my op die vloer val, kon ek haar net na­der trek en troos: “My kind, daar is geen woor­de wat Mam­ma kan sê wan­neer iets so tra­gies soos dit ge­beur nie.

“Dit neem tyd om

’n ge­bro­ke hart te heel, ver­al wan­neer jy die ge­beu­re wat die hart­seer ge­bring het, nie ver­staan nie.

“So, ek wil nou nie eens vir jou sê dat al­les ou­kei gaan wees en dat tyd al­les be­ter gaan maak nie.

“Ek wil vir jou ver­tel van die He­re se groot sak­doek. Huil so­veel jy moet huil en druk die men­se om jou wat jou lief­het. Put krag uit jou harts­men­se se be­moe­di­ging.

“Ek weet Chris­ti­an kan nie ver­vang word nie, maar die men­se wat ons lief­het, maak ons wie ons is.

“Jy is wie jy is ook van­weë Chris­ti­an se vriend­skap en lief­de in jou le­we. In hier­die op­sig sal hy al­tyd by jou wees, die res van jou le­we waar jy ook al gaan.

“Hy sal al­tyd op jou trots wees in el­ke groot en klein tree wat jy gee om jou le­wens­dro­me waar te maak.

“Nes ons op jou is. Chris­ti­an se lief­de sal al­tyd ’n deel uit­maak van die lief­de wat jy die res van jou le­we gaan uit­deel, om­dat hy vir jou ge­wys het wat lief­de is.

“Jy sal ’n ge­troue en op­reg­te maat­jie vir jou vrien­de kan wees om­dat Chris­ti­an vir jou ge­wys het wat vriend­skap is.”

My dog­ter lig haar foon op en wys vir my wat Chris­ti­an ’n paar uur voor sy dood op In­sta­gram oor sy Mo­sam­biek-va­kan­sie ge­skryf het: “Im going to miss this.”

Ek kyk in haar oë en weet wat sy dink ter­wyl my ge­dag­tes na iets an­ders gryp: Koe­s­ter die­ge­ne wat jy lief­het hier op aar­de, want die om­gee en vriend­skap wat jy uit­deel, is die mens se groot­ste na­la­ten­skap.

‘‘

Jy sal ’n ge­troue maat­jie vir jou vrien­de kan wees om­dat Chris­ti­an vir jou ge­wys het wat vriend­skap is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.