Prys van am­nes­tie on­be­re­ken­baar

Beeld - - Kommentaar -

Ja­mes Young, Con­stan­tia Park

Die wek­roep dat pres. Ja­cob Zu­ma am­nes­tie moet kry, plaas die ker­sie op die koek van al sy om­stre­den­heid.

Dit is vir ’n nor­ma­le mens on­moont­lik om hom­self in te dink dat ná wat al­les met Suid-A­fri­ka on­der sy be­wind ge­beur het, hy skot­vry daar­van kan af­kom.

Wie op dees aar­de be­krag­tig moont­li­ke mis­da­dig­heid op hier­die ma­nier? Die prys van die voor­stel is on­be­re­ken­baar.

Die moont­lik­heid is voor­heen by ge­leent­heid voor­ge­hou, met die be­toog dat die land op hier­die wy­se van ver­de­re el­len­de ge­red sal word.

Die jong­ste be­toog min­ag an­der­maal bloot die in­wo­ners van die land. Die re­de wat voor­ge­hou word, is: “So kan ons die ANC ver­e­nig hou.” Ver­e­nig hou om wat te doen? Om ver­der te plun­der? Om ver­der al hier­die on­hei­lig­he­de on­der die mat in te vee?

Sou hier­die voor­stel ma­ni­fes­teer, waar laat dit al sy mee­lo­pers wie se han­de be­vuil is met staats­geld? Gaan hul­le ook al­mal ’n goue hand­druk kry? Vir die ver­ne­de­ring wat hier­die land on­der Zu­ma se be­wind moes deur­maak, is ons ten min­ste daar­op ge­reg­tig dat hy sy dag in die hof kry.

Nie­mand wens ie­mand “sleg” toe nie, maar wel dat hy sy ver­dien­de loon kry, mits hy skul­dig be­vind word.

Hier­mee saam moet al sy mee­lo­pers, met hul on­der­skeie on­guur­heid, aan­ge­kla word van “mis­daad teen die mens­dom”. Hul­le is in­di­vi­du­eel en ge­sa­ment­lik ver­ant­woor­de­lik vir die hag­li­ke po­si­sie waar­in ons ons­self be­vind.

Jam­mer, mnr. Mandela, dat jou wens dat ons nooit weer as die muis­hon­de van die wê­reld ge­re­ken sal word nie, by die ag­ter­deur uit is. Die e­nig­ste koe­ël in Zu­ma se ar­se­naal is om ná 23 jaar steeds a­part­heid te bla­meer. Hy moet eer­der sy fo­kus skuif na die geld­god Mam­mon, wat hom oor so­veel jaar in ’n Gup­ta-ge­daan­te ge­o­pen­baar het.

Hy moet weet dat ons vir lan­ger as 23 jaar sy be­winds­ter­myn gaan voor­hou as een van die don­ker­ste tye in die land se ge­skie­de­nis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.