Bo­nus­se ruk nou hand­uit

Beeld - - Kommentaar - Jo­han M, P­re­to­ria

Die uit­be­ta­ling van bo­nus­se het heel­te­mal hand­uit ge­ruk.

Die doel van ’n bo­nus is im­mers om slegs daar­die men­se te ver­goed wat iets ek­stra in­sit wat ’n on­der­ne­ming tot voor­deel strek. Dit is nie ’n er­ken­ning van of be­lo­ning vir goeie werk nie. Daar­voor ont­vang die wer­ker sy oor­een­ge­ko­me ver­goe­ding. ’n Bo­nus is ’n be­lo­ning vir pres­ta­sie by­ko­mend tot die goeie werk wat ge­le­wer word. Van­daar die be­na­ming: pres­ta­sie­bo­nus.

Wat het ge­word van die pres­ta­sie in pres­ta­sie­bo­nus? Bo­nus­se, in som­mi­ge ge­val­le reu­se­be­drae, word nou be­taal ter­wyl die or­ga­ni­sa­sie self swak vaar. Hoe werk dit?

As al­mal hul kant bring en sul­ke groot bo­nus­se ver­dien, moet die on­der­ne­ming im­mers ook pres­teer? Of ver­staan ek nie die lo­gi­ka nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.