Goeie Nuus

Woor­de wat bou, her­stel

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Toi­let­taal noem ek dit – daar­die kru, plat­vloer­se taal wat uit par­ty men­se se mon­de stroom.

Af­bre­ken­de op­mer­kings en be­le­di­gen­de woor­de is die in ding. Bar taal we­mel op so­si­a­le me­dia, op pa­wil­joe­ne, langs vleis­braai­vu­re en by die werk. Par­ty men­se put een of an­der vreem­de be­hae daar­uit om so plat­vloers en ba­naal as moont­lik te wees. Of om el­ke twee­de sin met ’n vloek­woord in te lei.

Ons as na­vol­gers van die He­re word tot ’n ho­ër stan­daard as dit op­ge­roep. Ons taal is bou­ma­te­ri­aal, nie aan­vals­wa­pens nie. Ter­wyl an­der me­kaar af­kraak, is ons woor­de ge­ne­send. Ter­wyl men­se har­de woor­de op me­kaar los­laat, ge­bruik ons ge­ne­sen­de taal wat her­stel bring (Spr. 12:18). Ons sag­te woor­de laat woe­de be­daar (Spr. 15:1). Ons skin­der­vrye mon­de laat an­der vei­lig voel in ons om­ge­wing.

Die He­re se ge­na­de, waar­van ons har­te vol is, loop ge­du­rig oor op ons lip­pe. Ons praat graag hart­taal in ’n har­te­lo­se wê­reld. Ons praat God se ge­na­de in ’n ge­na­de­lo­se wê­reld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.