Fed­s­as stel rig­ly­ne op

O­god soek net sen­sa­sie, sê ad­junk

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

Die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as) se reg­span sal Vry­dag ver­ga­der en ’n ad­vies­do­ku­ment op­stel oor hoe sko­le die uit­spraak oor godsdiens moet han­teer.

Die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg het op 28 Ju­nie in ’n saak van die Or­ga­ni­sa­sie vir Gods­diens­on­der­rig en De­mo­kra­sie (O­god) be­slis dat ’n o­pen­ba­re skool nie een ge­loof bo ’n an­der mag be­vor­der nie.

O­god het gis­ter brie­we aan nog 14 sko­le ge­gee om­dat die skool­hoof­de hul­le glo aan on­grond­wet­li­ke gods­diens­prak­ty­ke skul­dig maak.

Hans Pie­ter­sen, voor­sit­ter van O­god, sê die 14 sko­le oor­tree. “En daar is dui­sen­de van hul­le. Ons kom vir hul­le.”

Dr. Jaco De­a­con, ad­junk­hoof van Fed­s­as, het gis­ter ge­sê dit gaan ’n tyd­jie vat voor­dat sko­le die no­di­ge ver­an­de­rin­ge kan aan­bring na aan­lei­ding van die uit­spraak. Daar is ’n pro­to­kol wat hul­le moet volg.

Hy sê Fed­s­as is daar om die sko­le by te staan.

“Ek dink O­god is baie op­por­tu­nis­ties, want die uit­spraak is twee dae voor die skool­va­kan­sie ge­le­wer. Dus kon die sko­le nie daar­aan werk nie. Hy soek sen­sa­sie deur na die me­dia te hard­loop.”

Hy meen Pie­ter­sen het die Chris­ten-ge­loof in sy vi­sier.

“Hans wil sý wê­reld­be­skou­ing aan A­fri­kaan­se sko­le op­dwing.” Pie­ter­sen stem nie saam nie. “Daar is twee re­des waar­om men­se so kan dink: Die eer­ste is dat hier­die ’n waar­skyn­li­ke na­draai van die Chris­te­li­ke na­si­o­na­le on­der­wys is. T­wee­dens is die Chris­ten-ge­loof in sko­le iets wat deur die meer­der­heid op­ge­dwing word.

“Daar is min o­pen­ba­re sko­le in die land waar Chris­te­ne in die min­der­heid is. Dus is hul­le die meer­der­heid en dwing hul­le hul ge­loof aan an­der op.”

Hy sê hy het nooit ge­sê godsdiens moet uit sko­le ge­neem word nie.

“Ek sê net een godsdiens mag nie bo ’n an­der be­vor­der word nie. 15% van ons sa­me­le­wing is on­ge­lo­wi­ges. In­dien jou skool se leu­se ‘Ons glo’ is, dis­kri­mi­neer jy teen die 15% wat nié glo nie. Dáár­mee het ek ’n pro­bleem.”

Hy wil godsdiens graag in sko­le hê. “Dit is goed vir kin­ders om oor gods­diens­te te leer, maar dan moet hul­le oor al die ver­skil­len­de gods­diens­te leer.

“In­dien jou skool He­mel­vaart wil vier, sê vir die kin­ders dié wat wil, kan dit saam vier. Maar dan moet die skool ook an­der ge­loofs­dae, soos Di­wa­li, vier en kin­ders die op­sie gee om dit by te woon.”

In ge­val­le soos die C&N (Chris­te­li­ke en Na­si­o­na­le) Mei­sie­skool Oran­je, sê hy as dit deel vorm van die ge­skied­kun­di­ge naam, het hy nie ’n pro­bleem nie. “Ek weet nog nie reg­tig wat in die skool aan­gaan nie, maar kom ons aan­vaar hul­le vol­doen aan die ver­eis­tes. Hul­le het hul naam in C&N ver­an­der, dus het hul­le ’n po­ging aan­ge­wend om nie hul ge­loof in an­der se keel af te druk nie. Ek het nie be­swaar daar­teen nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.