Ou­ta be­gin met reg­stap­pe oor wa­ter­pro­jek

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik( Ou­ta) het met reg­stap­pe teen Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van wa­te­re n sa­ni­ta­sie, en haar de­par­te­ment be­gin oor die ge­sloer met fa­se 2 van die Le­so­tho-Hoog­land-wa­ter­pro­jek (LHWP2) en be­weer­de kor­rup­sie en wan­ad­mi­nis­tra­sie wat daar­by be­trok­ke is.

Ju­li­us K­leyn­hans, di­rek­teur van die por­te­feul­je vir wa­ter en sa­ni­ta­sie, sê Ou­ta dring by Mo­ko­ny­a­ne aan om oop kaar­te met die or­ga­ni­sa­sie te speel en al­le do­ku­men­te oor die LHWP2 tot sy be­skik­king te stel.

Ou­ta het op

6 Maart ’n brief aan Mo­ko­ny­a­ne ge­skryf waar­in sy ver­soek word om in­lig­ting te gee oor fa­se 1 en 2 van die pro­jek. Geen re­ak­sie is van haar ge­kry nie.

“Hier­die pro­jek (fa­se 2) was ver­on­der­stel om bin­ne die vol­gen­de jaar wa­ter aan Gau­teng te ver­skaf. In­tus­sen het geen bou­werk aan die dam be­gin nie en dit blyk dat Gau­ten­gers nou eers in 2025 wa­ter uit die pro­jek sal ont­vang.”

K­leyn­hans sê die mi­nis­ter moet per­soon­lik aan­spreek­lik ge­hou word vir die ver­tra­ging van die pro­jek.

Ou­ta het die na­week’ n pro­ku­reurs brief aan Mo­ko­ny­a­ne ge­stuur waar­in hy eis dat die af­ge­dank­te raad van die Le­so­tho Hoog­land-ont­wik­ke­lings raad (LHDA) her­aan­ge­stel word. Ver­skeie raads­le­de het ver­le­de jaar be­dank of is ge­vra om te be­dank om­dat hul­le glo strui­kel­blok­ke was toe Mo­ko­ny­a­ne LTE Con­sulting wou aan­stel om by die pro­jek be­trok­ke te raak. Ci­ty P­ress het vroe­ër be­rig Mo­ko­ny­a­ne het lang­du­ri­ge ban­de met LTE Con­sulting en dat die maat­skap­py in 2016 mil­joe­ne ran­de aan die ANC ge­skenk het.

Ou­ta wil ook van Mo­ko­ny­a­ne die ver­se­ke­ring kry dat nie­mand wat by groot­skaal­se kor­rup­sie in fa­se 1 van die pro­jek be­trok­ke was, nou weer aan­ge­stel is nie. Ci­ty P­ress be­rig ook Ma­supha So­le, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van die Le­so­thoHoog­land-wa­ter­pro­jek fa­se 1 wat ja­re in die tronk deur­ge­bring het weens kor­rup­sie, nou ’n raad­ge­wer is van Ra­le­cha­te Mo­ko­se, Mo­ko­ny­a­ne se amps­ge­noot in Le­so­tho.

Lui­dens die pro­ku­reurs­brief moet Mo­ko­ny­a­ne ook ver­dui­de­lik waar­om die ten­der vir die ont­werp van die Po­li­ha­li-oor­drag­ton­nel nog nie toe­ge­ken is nie. “Ge­luk­kig is die ont­werp van die Po­li­ha­li­dam ver­le­de maand aan ’n maat­skap­py toe­ge­ken wat op die oog af kun­dig lyk.”

Mo­ko­ny­a­ne moet voorts ver­dui­de­lik waar­om wa­ter van­uit die Tu­ge­la­ri­vier nog nie na die S­terk­fon­t­ein­dam oor­ge­pomp is nie.

S­put­nik Ra­tau, woord­voer­der van die de­par­te­ment, sê die de­par­te­ment het die brief ont­vang en be­stu­deer dit nou. Vol­gens hom is dit dui­de­lik Ou­ta wil reg­stap­pe doen. “Ons sal dien­oor­een­koms­tig ant­woord, of die saak hof toe gaan of nie.”

Mo­ko­ny­a­ne moet op 3 Au­gus­tus op Ou­ta se ver­soek re­a­geer.

K­leyn­hans sê as sy die ver­soek ig­no­reer, sal Ou­ta die hof vra om haar te dwing om te re­a­geer.

Mo­ko­ny­a­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.