Meer kuns­ku­ra­tors no­dig, sê ken­ner

Beeld - - Kuns & Vermaak - Jackie Kru­ger

Meer kuns­ku­ra­tors moet aan­ge­stel word om se­ker te maak dat waar­de­vol­le kuns­wer­ke van maat­skap­pye en an­der in­stan­sies nie ver­lo­re gaan nie.

Só het Ri­ka Ven­ter, kuns­ku­ra­tor, skil­der en kuns­ken­ner van Oudts­hoorn, ge­sê oor waar­de­vol­le kuns­wer­ke wat soms in pak­ka­mers stof ver­gaar, ver­dwyn of selfs ver­nie­tig of ge­steel word.

Ven­ter het meer as 40 jaar se on­der­vin­ding in die be­dryf. Sy het ’n boek, Grond­leg­gers van Suid-A­fri­kaan­se Kuns, saam­ge­stel en was die stig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se Raad vir Sa­ke­vroue in 1982.

Die des­tyd­se KWV se kuns­ver­sa­me­ling wat oor ’n lang tyd­perk in op­drag van sy di­rek­sie deur Suid-A­fri­kaan­se kuns­te­naars aan­ge­vul is, het on­langs in ’n hof­saak ter spra­ke ge­kom. KWV se be­dryfs­ba­tes is ver­le­de jaar ver­koop. Die hof­saak duur voort.

Vol­gens Ven­ter word tal­le kuns­ku­ra­tors die trek­pas ge­gee om­dat maat­skap­pye geld wil spaar of as ’n nu­we fi­nan­si­ë­le be­stuur­der aan­ge­stel word wat self sy eie men­se wil aan­stel.

“Dik­wels as ’n nu­we fi­nan­sie­le be­stuur­der aan­ge­stel word, sal be­staan­de skil­de­rye van die maat­skap­py se mu­re ver­wy­der word en met an­der ver­vang word. As ’n ken­ner nie na die skil­de­rye om­sien nie, kan dit le­li­ke ge­vol­ge hê.”

Die aan­spraak dat skil­de­rye van di­rek­sie­le­de of voor­sit­ters waar­de­loos is, is vol­gens haar swak be­mar­king. “Die men­se se fa­mi­lie­le­de of kin­ders was in baie ge­val­le be­reid om dit te koop.”

Kuns­ku­ra­tors sien ook om na die in­stand­hou­ding van skil­de­rye. K­li­maat speel ’n groot rol, soos by­voor­beeld op P­ha­la­bor­wa in Lim­po­po waar dit droog en stow­we­rig is en skil­de­rye meer re­stou­ra­sie ver­eis. Die son kan ook ska­de aan­rig en klam­mig­heid moet in aan­mer­king ge­neem word.

Om­dat tye ver­an­der, het maat­skap­pye se kuns­aan­ko­pe ook ver­an­der. “Ver­val­sings en dief­stal is vol­op en men­se moet be­dag daar­op wees.”

Vol­gens Ven­ter moet maat­skap­pye ook se­ker maak dat hul­le die reg­te kuns­af­sla­er vir waar­da­sies be­kom. “Die waar­de van som­mi­ge skil­de­rye groei nie net met 10% jaar­liks nie; som­mi­ge groei glad nie en som­mi­ge se waar­de neem af.

“’n S­kil­de­ry word ook nie vol­gens groot­te ge­waar­deer nie. Só by­voor­beeld kan drie ewe groot Mag­gie Laub­sers langs me­kaar hang, maar nie nood­wen­dig die­self­de waar­de hê nie. Op­pas om die waar­de te on­der­skat. Daar is skil­de­rye wat on­ver­vang­baar is,” sê sy.

Som­mi­ge van Ven­ter se skil­de­rye hang in groot maat­skap­pye se kan­to­re. Op 83 het sy weer be­gin skil­der vir raad­sa­le en di­rek­sie­kan­to­re en skoei sy haar werk op dié van die ou mees­ters soos Di­no Pa­ra­va­no, Ot­to Klar en Tit­ta Fas­ci­ot­ti.

“Ek het die voor­reg ge­had om baie van hul­le in my ga­le­rye te ont­haal en vir hul­le uit­stal­lings te hou en hul uit­stal­lings te be­soek. Ek ken baie van hul­le se skil­der­styl en was ook baie van hul­le se oë met raad en kri­tiek om e­mo­sie in die skil­de­rye te kry.”

Vir raad oor skil­de­rye, bel Ven­ter by 083 706 9800.

Fo­to: JACKIE KRU­GER

Ri­ka Ven­ter by een van haar skil­de­rye.

Die plak­kaat van die in­ter­na­si­o­naal ge­vier­de Suid­A­fri­kaan­se rol­prent Inxe­ba (The Wound).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.