Ka­rel S­choe­man sluit af met twee boe­ke

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Die skry­wer Ka­rel S­choe­man, wat op 1 Mei van­jaar sy eie le­we ge­neem het, het le­sers on­ver­hoeds be­trap. Die re­ak­sie op sy be­sluit was po­si­tief en ne­ga­tief.

In die ou­to­bi­o­gra­fie Slot van die dag: Ge­dag­tes deel hy sy sie­ning van oud­word en die ein­de van die le­we met le­sers. Dit sluit die reeks ou­to­bi­o­gra­fie­se boe­ke af wat be­gin het met Merk­steen: ’n Dub­bel­bi­o­gra­fie (1998), Die laas­te A­fri­kaan­se boek (2002) en ’n Duit­ser aan die Kaap (2004).

Dis ’n baie per­soon­li­ke boek wat kom­men­taar op die ou­der­dom le­wer en prak­tie­se wen­ke en in­lig­ting oor die moont­lik­he­de en waar­skyn­li­ke ein­de van die le­we gee.

Vol­gens ’n me­di­a­ver­kla­ring is die e­le­ment van af­skeid en ge­la­ten­heid deur­lo­pend. Hy ver­dui­de­lik ook sy be­vry­den­de be­sluit om sy eie le­we te be­ëin­dig.

Die ou­to­bi­o­gra­fie is pas saam met die reis­boek Af­skeid van Eu­ro­pa uit­ge­gee waar­in hy ver­slag doen van sy laas­te twee be­soe­ke aan Ne­der­land, Duits­land en Oos­ten­ryk in die herfs van 2011 en 2013. Die ste­de Am­ster­dam, Ber­lyn, D­res­den, Salz­burg en We­ne kry ver­al aan­dag. Reeds in hier­die reis­boek is daar die ge­la­ten­heid om­dat hy ge­du­rig be­wus is van die ou­der­dom en dat dit werk­lik sy laas­te be­soe­ke aan hier­die plek­ke gaan wees.

“Dis eg­ter S­choe­man se be­le­sen­heid en sy ver­moë om die he­de en ver­le­de te s­ka­kel wat op­val en hier­die boek ’n ryk lees­er­va­ring maak,” lui die me­di­a­ver­kla­ring.

Hy skryf oor die twee wê­reld­oor­loë se in­vloed op die mens en om­ge­wing en die i­ni­si­a­tie­we om te her­stel, ver­al in Ber­lyn en D­res­den.

Die he­de word eg­ter nie ge­ïg­no­reer nie. Din­ge wat daag­liks ge­beur, sa­ke van die dag en selfs ge­reg­te van plek­ke wat hy be­soek, maak dit ook vir men­se wat nou reis in­te­res­sant.

S­choe­man was een van SuidA­fri­ka se pro­duk­tief­ste skry­wers. Hy het tal­le ro­mans, no­vel­les, dra­ma­teks­te en ge­skied­kun­di­ge werk ge­skryf. Sy werk is met on­der meer die Hert­zog­prys, die Recht Ma­lan-prys en die N.P. van Wyk Louw-prys van die FAK be­kroon.

Al­bei boe­ke word deur Pro­tea Boek­huis uit­ge­gee. Be­soek pro­te­a­boek­huis.co.za.

■ ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.