Tr­ze­bin­ski­uit­stal­ling fo­kus op her­koms

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Die kuns­te­naar S­ta­ni­slaw Tr­ze­bin­ski wil met sy kuns men­se weer in voe­ling met hul her­koms bring.

Hy het die La­tyn­se woord “or­tus” – ge­boor­te, oor­sprong – as ti­tel ge­kies vir sy uit­stal­ling, wat tot Don­der­dag in die Mel­ro­se­ga­le­ry in Jo­han­nes­burg aan­ge­bied word.

“Die wer­ke be­lig ons ver­hou­ding met die na­tuur en spe­si­fiek die see,” sê Tr­ze­bin­ski (25). By­na al­les wat hy tot nog toe as beeld­hou­er ge­skep het, is hier in een ver­trek.

“In we­se is my kuns ’n ver­teen­woor­di­ging van daar­die e­we­wig met die na­tuur wat ons in die mo­der­ne sa­me­le­wing eint­lik ver­loor het.”

Van die 90 wer­ke in die uit­stal­ling is meer as die helf­te nuut. Som­mi­ge wer­ke het wel vroe­ër in die Jan Roy­ce­ga­le­ry in Kaap­stad ge­pryk.

Beel­de van die af­ge­lo­pe vyf jaar is in­ge­sluit, hoe­wel hy er­ken dat hy aan­vank­lik nie goed met beeld­hou­werk was nie. Dis ook ’n an­der me­di­um as waar­in sy pa, die ont­sla­pe skil­der To­nio Tr­ze­bin­ski, ge­werk het.

Tr­ze­bin­ski is in Ke­nia ge­bo­re (met ’n Pool­se, Duit­se en En­gel­se af­koms) en het vroeg in sy le­we van skep­pend­heid be­wus ge­word met ’n skil­der as pa en mo­de­ont­wer­per-ma, An­na.

“Ek sou weg­bly van skool en skelm loer hoe my pa verf. Hy sou my dik­wels toe­laat om saam op ’n gro­ter doek iets te doen. Van­dat ek kan ont­hou, was ek eint­lik be­wus van die voor­de­le van skep.

“Die mu­re van die huis waar­in ek groot­ge­word het, was vol van my pa se skil­de­rye. Waar nie skil­de­rye was nie, het kuns­boe­ke die ruim­tes ge­vul. Dit het my ’n groot waar­de­ring vir kuns ge­gee – die ma­nier hoe dit ie­mand toe­laat om hom­self uit te druk.”

Dít het hy stel­lig ver­mag, ge­ge­we dat hy van­jaar ge­nooi is om ’n le­sing by die in­ter­na­si­o­na­le af­sla­er Chris­tie’s in Lon­den aan te bied. Hy het ook vroe­ër van­jaar in Lon­den uit­ge­stal.

“Ek is ge­nooi om daar te praat ter­wyl ek deel­ge­neem het aan ’n groep­uit­stal­ling on­der ku­ra­tor­skap van die Suid-A­fri­kaan­se Sout­hern Guild­ga­le­ry.”

Tr­ze­bin­ski het al met al­le kuns­me­dia ge­ëks­pe­ri­men­teer, maar be­skou beeld­hou nou as sy voor­keur­me­di­um om hom­self in uit te druk.

Tog moes hy streng dis­si­pli­ne daar­voor aan­leer, ’n pro­ses wat steeds voort­duur.

Des­tyds moes hy leer van die mens­li­ke a­na­to­mie. En hy leer steeds.

Or­tus be­vat ook tal­le nu­we groot brons­wer­ke en et­se.

Al­bei sy ou­ers het hom on­der­steun toe hy kuns­ta­lent ge­toon het. Sy pa is dood toe hy ne­ge was. Sy ma het hom aan­ge­moe­dig om sy hart te volg, iets waar­oor hy al­tyd dank­baar sal wees.

Die ga­le­ry is in die Mel­ro­se Arch-sen­trum ge­leë. Stuur ’n e-pos na craig@the­mel­ro­se­gal­le­ry.com vir meer in­lig­ting.

S­ta­ni­slaw Tr­ze­bin­ski

Een van S­ta­ni­slaw Tr­ze­bin­ski se wer­ke wat op die uit­stal­ling te sien is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.