IMF: Land­bou, myn­bou rig groei

Beeld - - Bleed Sake - – Han­lie S­tad­ler

In ’n ver­ras­sen­de wen­ding het die e­ko­no­me van die In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds (IMF) hul voor­uit­sig vir Suid­A­fri­ka se e­ko­no­mie­se groei vir van­jaar met 0,2 per­sen­ta­sie­punt tot 1% ver­hoog ver­ge­le­ke met sy A­pril­voor­ui tskat­ting.

Die IMF het eg­ter sy ver­wag­ting vir 2018 met

0,4 per­sen­ta­sie­punt tot 1,2% ver­laag.

Die groei­ver­wag­ting vir van­jaar is dub­beld die 0,5% wat die Re­ser­we­bank nou ver­wag, lui­dens sy oor­sig oor die e­ko­no­mie op 20 Ju­lie.

Die IMF sê in sy kwar­taal­lik­se wê­reld­ e­ko­no­mie­se voor­uit­sig A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra moet nog tal­le uit­da­gings trot­seer en dat die groei per ca­pi­ta in die he­le streek van­jaar dalk net­net po­si­tief gaan wees. Dit bly eg­ter ne­ga­tief vir so­wat ’n der­de van al­le A­fri­ka­lan­de, Suid­A­fri­ka in­kluis.

’n Re­kord­oes van so­mer­gra­ne soos mie­lies en so­ja dank­sy be­ter re­ën­val en ’n toe­na­me in myn­bou­pro­duk­sie dank­sy ef­fens ho­ër hulp­bron­pry­se het Suid­A­fri­ka se groei­voor­uit­sig ver­be­ter. “Die voor­uit­sig vir Suid­A­fri­ka bly eg­ter moei­lik weens gro­ter po­li­tie­ke on­se­ker­heid en swak ver­brui­kers­ en sa­ke­ver­troue,” lui die ver­slag.

Vir die wê­reld as ge­heel is die ver­wag­ting on­ver­an­derd op 3,5% vir van­jaar en 3,6% vir 2018. Die ver­wag­ting vir groei in die VSA, die wê­reld se groot­ste e­ko­no­mie, word ver­laag tot 2,1% vir van­jaar en 2018.

Dit is 0,2 per­sen­ta­sie­punt min­der as wat in A­pril vir van­jaar ver­wag is en 0,4 per­sen­ta­sie­punt min­der as die ver­wag­ting vir 2018. Vol­gens die IMF weer­spie­ël dit die sie­ning dat pres. Do­nald Trump se fis­ka­le be­leid nie heel­te­mal so­veel groei sal be­vor­der soos wat in A­pril ge­meen is nie. Groei in C­hi­na, die twee­de groot­ste e­ko­no­mie, word met 0,1 per­sen­ta­sie­punt ver­hoog tot 6,7% vir van­jaar en met 0,2 per­sen­ta­sie­punt tot 6,4% vir 2018.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.