S­pur Corp. se ver­ko­pe styg, maar S­te­ak Ran­ches s’n daal

Beeld - - Sake nuus - Niel Jou­bert

Die S­pur Cor­po­ra­ti­on se ver­ko­pe het in sy jong­ste boek­jaar toe­ge­neem, hoe­wel ver­ko­pe in die maat­skap­py se S­pur S­te­ak Ran­ches ge­daal het.

Die maat­skap­py het gis­ter in ’n han­del s ver­kla­ring ge­sê sy to­ta­le ver­ko­pe vir die boek­jaar tot 30 Ju­nie het met 4,2% tot

R7,2 mil­jard ge­styg.

Ver­ko­pe in sy Suid-A­fri­kaan­se re­stau­ran­te het met 4,4% toe­ge­neem.

S­pur S­te­ak Ran­ches se ver­ko­pe het eg­ter met 2,1% ge­daal. Dié af­de­ling is een van net twee fran­chi­ses uit die ses waar ver­ko­pe ge­daal het.

Cap­tain DoRe­gos se ver­ko­pe het met 17,6% ge­daal ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge boek­jaar.

Die maat­skap­py se piz­za-en­pas­ta-on­der­ne­mings, Pa­na­rot­tis en Ca­sa Bel­la, se ver­ko­pe het met 13,3% ge­klim. Ook John Do­ry’s Fish G­rill Sus­hi (14,3%), The Hus­sar G­rill (35,6%) en Ro­coMa­mas (78,1%) se ver­ko­pe het toe­ge­neem.

Pier­re van Ton­der, uit­voe­ren­de hoof van S­pur Cor­po­ra­ti­on, sê die plaas­li­ke han­del s om­stan­dig­he­de het in die twee­de helf­te van die jaar aan­hou ver­swak. Die swak­ker e­ko­no­mie raak ver­al Spu r se mid­del in­kom­ste mark, sê Van Ton­der.

“Die sterk ver­to­ning van The Hus­sar G­rill on­der­streep die veer­krag­tig­heid van ho­ër in­kom­ste ver­brui­kers, ter­wyl ons piz­za­en-pas­ta-han­dels­na­me ook goed ge­vaar het,” sê hy.

Van Ton­der ver­wys nie in die han­del s ver­kla­ring na die ras­se­voor­val in Maart nie.

Rap­port het vroe­ër van­dees­maand be­rig Spu r gaan re­stau­rant­ei­e­naar s wat swaar trek weens die voor­val en die daar­op­vol­gen­de boi­kot fi­nan­si­eel by­staan.

Die her­rie in Maart het ont­staan toe ’n man in die Tex­a­mo S­pur in Jo­han­nes­burg ge­dreig het om ’n vrou te klap. Die man, Ni­co Vil­joen, het be­weer haar kind het sy kind ge­klap. Die on­der­on­sie tus­sen Vil­joen en die vrou is op vi­deo vas­ge­vang en op so­si­a­le me­dia ver­sprei.

S­pur het die vrou daar­na om ver­sko­ning ge­vra en Vil­joen sy re­stau­ran­te ver­bied.

In­ter­na­si­o­na­le be­dry­wig­he­de en nu­we re­stau­ran­te

Ver­ko­pe in sy in­ter­na­si­o­na­le re­stau­ran­te, B­rit­tan­je uit­ge­sluit, het in rand­ter­me met 2,4% ver­be­ter. Op’ n kon­stan­te wis­sel­koers­grond­slag het in­ter­na­si­o­na­le ver­ko­pe met 6,3% toe­ge­neem. Die groep het sy be­dry­wig­he­de in B­rit­tan­je in die vo­ri­ge boek­jaar ge­staak.

Die maat­skap­py het die af­ge­lo­pe jaar net­to 11 nu­we win­kels in Suid-A­fri­ka ge­o­pen. Dit be­te­ken as jy die ge­tal win­kels wat ge­sluit is, af­trek van die ge­tal wat ge­o­pen is, is 11 meer win­kels in die boek­jaar ge­o­pen.

Hy het net­to vyf nu­we re­stau­ran­te in­ter­na­si­o­naal ge­o­pen, waar­on­der die eer­ste S­pur in on­der­skei­de­lik Nieu-See­land en E­thi­o­pië, as­ook ’n Ro­coMa­mas in O­man en in Sa­oe­di-Ara­bië.

Teen 30 Ju­nie het die maat­skap­py 591 re­stau­ran­te ge­had teen­oor 575 ’n jaar te­vo­re. Daar­van was 63 bui­te Suid-A­fri­ka.

S­pur Cor­po­ra­ti­on se re­sul­ta­te vir die boek­jaar tot ein­de 30 Ju­nie van­jaar word op 7 Sep­tem­ber be­kend ge­maak.

S­pur S­te­ak Ran­ches se ver­ko­pe het die af­ge­lo­pe boek­jaar ge­daal, hoe­wel dié van die mees­te an­der S­pur Cor­po­ra­ti­on­fran­chi­ses ge­styg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.