Swak­ker ver­ko­pe, rand kos Am­plats

Beeld - - Geklssifiseerd - El­vi­ra Wood

Die ster­ker rand, swak­ker ver­ko­pe van pla­ti­num groep me­ta­le( PGM’ s) en af­skry­wings wat met sy her­struk­tu­re­ring ver­band hou, is van die fak­to­re wa tA n glo A­me­ri­can Pla­ti­num (Am­plats) ’n ver­lies van R1,6 mil­jard in die ses maan­de tot ein­de Ju­nie laat ly het.

Dit sluit na­be­las­te af­skry­wings van R2,2 mil­jard by on­der meer sy U­ni­on-myn in.

In die eer­ste ses maan­de van ver­le­de jaar het Am­plats ’n wins van R1,54 mil­jard ge­maak.

Am­plats het wel nou sy skuld oor die ses maan­de met R1,4 mil­jard tot R5,9 mil­jard ver­min­der.

Sy we­sens­ver­dien­ste, wat se­ke­re bui­ten­ge­wo­ne en een­ma­li­ge i­tems uit­sluit, was 56% la­er op R750 mil­joen ver­ge­le­ke met die R1,6 mil­jard van die half­jaar tot ein­de Ju­nie 2016.

Sy in­kom­ste het met 11% tot R27,3 mil­jard in­ge­krimp.

Am­plats het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê die mand­jie­prys van PGM’s was 3% la­er o pR 24400 per pla­ti­numons – ver­ge­le­ke met die R25 100 per pla­ti­num-ons ’n jaar te­vo­re – al het die mand­jie­prys in doll­ar­ter­me ge­styg.

Sy ver­koops­vo­lu­mes het af­ge­neem weens on­der meer die be­plan­de her­bou­ing van smel­ter 2 van die Wa­ter­val-smel­ter.

Chris G­rif­fith, uit­voe­ren­de hoof, sê in die ver­kla­ring die myn­be­dry­wig­he­de was in die ses maan­de in die al­ge­meen stand­vas­tig.

“Ek is ver­al in­ge­no­me daar­mee dat ons ons ba­lans­staat ver­der kon ver­ste­wig, ten spy­te van die swak­ker mand­jie­prys in rand.”

Hy meen pry­se gaan op kort ter­myn on­der druk bly.

In die ses maan­de het Am­plats 1,1 mil­joen on­se pla­ti­num ge­le­wer teen­oor die 1,01 mil­joen on­se van die oor­een­stem­men­de tyd­perk ver­le­de jaar.

Am­plats ver­wag om tus­sen 2,45 mil­joen en 2,5 mil­joen on­se pla­ti­num in die vol­jaar te le­wer.

Die maat­skap­py se aan­deel­prys was gis­ter net voor 13:00 so­wat 2,6% la­er op R303,49.

’n Deel van Am­plats se reu­se­oop­groef­myn Mo­ga­lak­we­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.