Braam glo sy doe­pa kan vir El­ton werk

JAN­TJIES SE HORREL GEKORREL

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Braam van S­traat­en

El­ton Jan­tjies se pro­bleem met sy stel­skop­werk kom al van die on­lang­se reeks teen die Fran­se af, sê Braam van S­traat­en, die ou­dS­pring­bok en skop­ghoe­roe.

Jan­tjies, los­ska­kel van die Leeus, het die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag met vier van sy stel­skop­pe mis­luk en sy al­ge­me­ne spel het ook nie aan die ver­wag­tin­ge vol­doen nie.

“El­ton se pro­bleem is dat hy sy ruim­te na die bal toe ver­loor het,” het Van S­traat­en gis­ter ge­sê.

“Ek het dit al in daar­die laas­te toets teen die Fran­se ge­sien toe hy eers die reg­op­paal ge­tref het en toe die bal met ’n vol­gen­de skop aan die an­der­kant van die pa­le ge­mis het. Hy kom te na­by aan die bal wan­neer hy aan­tree met sy skop en dan gaan hy te ver oor na sy reg­ter­kant.

“Twee van die ver­naam­ste re­des waar­om skop­pers mis, is om­dat hul­le op die toon oor­kom wan­neer hul­le die bal tref of te skuins in­gaan wan­neer hul­le die bal na­der. Laas­ge­noem­de is wat El­ton doen en deur­dat hy te ver oor­leun na sy reg­ter­kant is daar nie vloei­end­heid wan­neer hy die bal tref nie.

“Sy lig­gaam moet aan­pas in die tref­so­ne. Jy ver­loor jou ruim­te soos wat hy maak met die aan­loop na die bal en wan­neer jy dit tref, ver­loor jy ook jou tyds­be­re­ke­ning.

“Dit is dan wan­neer jy skie­lik skop­pe aan al­bei kan­te van die pa­le mis soos met hom die ge­val is,” sê Van S­traat­en.

“As jy die dag be­gin suk­kel met jou stel­skop­werk, be­ïn­vloed dit ook die res van jou spel.”

Van S­traat­en sê as die fout gei­den­ti­fi­seer is, sal dit net twee skop­pe neem om die fout weer reg te stel.

“Dit sal vir my mak­lik wees, want ek weet wat om te doen. Maar as hy met ie­mand werk wat nie reg­tig weet hoe om die fout te i­den­ti­fi­seer nie, kan hy nog et­li­ke maan­de lank met sy stel­skop­pe suk­kel,” sê hy.

“Ek het in 2012, toe hy ook deur ’n suk­kel­fa­se met sy stel­skop­werk ge­gaan het, met hom ge­werk en daar­na het hy vir ’n lang ruk nie weer som­mer ge­mis nie. “Die vraag is nou of El­ton ver­staan hoe­kom hy skie­lik mis skop. Daar moet ver­staan word waar die fout ge­ak­ti­veer word.”

Van S­traat­en glo tak­tie­se skop­werk kan Sa­ter­dag ’n be­lang­ri­ke wa­pen vir die Leeus wees in hul half­eind­stryd van die Su­per­reeks teen die Hur­ri­ca­nes op El­lis­park. “Dit gaan al­les oor veld­po­si­sie en jy moet in die reg­te ge­bied van die veld kom en van daar af kan speel,” sê Van S­traat­en. “Ie­mand soos El­ton se tak­tie­se skop­werk sal goed moet wees en hy sal ak­ku­raat moet skop om sy span in ’n guns­ti­ge po­si­sie te plaas.

“As jou stel­skop­per nie suk­ses­vol is nie, sal dit na die res van sy spel uit­kring,” het Van S­traat­en ge­sê.

Fo­to: GALLO IMAGES

El­ton Jan­tjies het ge­suk­kel met sy stel­skop­werk in die Leeus se kwart­eind­stryd teen die Haaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.