VS se Kings­aan­wins­te meld aan vir diens

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Al­bei is gaan­de oor die soort rug­by wat die Vry­staat-C­hee­tahs speel en is be­reid om nou te werk vir ’n plek in die be­gin­span.

Só sê die vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi (26) en die heel­ag­ter Mal­colm Ja­er (22), wat gis­ter amp­te­lik by die Vry­staat in­ge­val het en die eer­ste keer saam met die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen van die Cur­rie­be­ker be­gin oe­fen het.

Al­bei het twee we­ke ge­le­de nog vir die Sout­hern Kings teen die C­hee­tahs in dié span­ne se laas­te Su­per­rug­by-wed­stryd in Port E­li­za­beth uit­ge­draf. Die C­hee­tahs het dié stryd met 21-20 ge­wen.

“Ek hou van die soort rug­by wat die Vry­staat speel en die be­sluit om na hul­le te kom was glad nie ’n moei­li­ke een nie. Met al die on­se­ker­heid wat by die Kings ge­heers het en die feit dat ek graag Cur­rie­be­ker-rug­by wou speel, sien ek uit na my tyd by die Vry­staat,” sê Ma­pim­pi.

Hy was met 11 drieë die Kings se voor­ste drie­druk­ker in die af- ge­lo­pe Su­per­rug­by-reeks en is met ’n plek in die Suid-A­fri­kaan­se A-span be­loon. Hy wou nie sy moont­li­ke deel­na­me aan vol­gen­de jaar se Su­per­reeks vir die Haaie be­ves­tig nie.

Die feit dat hy sa­ke sal moet uit­spook met die S­pring­bok- vleu­el Ray­mond R­hu­le vir ’n plek in die be­gin­span, pla hom ook nie juis nie.

Ja­er, wat ’n kon­trak tot aan die ein­de van Ok­to­ber vol­gen­de jaar on­der­te­ken het, sal sa­ke uit­spook met Clay­ton Blom­me­tjies en Ce­cil A­fri­ka.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Die heel­ag­ter Mal­colm Ja­er en die vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, voor­heen van die Sout­hern Kings, het gis­ter die eer­ste keer saam met die Vry­staat­C­hee­tahs ge­oe­fen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.