Stel jou eie re­ëls voor vir Var­si­ty­be­ker­reeks

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die Var­si­ty­be­ker-rug­by­reeks is be­kend daar­voor dat dit as ’n proef­ko­nyn vir nu­we re­ëls ge­bruik word en nou gaan die rug­by­pu­bliek ook ’n kans kry om voor­stel­le oor in­no­ve­ren­de re­ël­wy­si­gings vir vol­gen­de jaar se kom­pe­ti­sie te doen.

Duit­ser Bos­man, uit­voe­ren­de hoof van die Var­si­ty­be­ker-reeks, sê die i­dee om die pu­bliek te vra om wy­si­gings voor te stel vir 2018 se kom­pe­ti­sie, het ge­volg na­dat daar baie voor­stel­le op so­si­a­le me­dia ge­maak is oor hoe die kom­pe­ti­sie op­win­den­der ge­maak kan word.

Die pu­bliek kan hul voor­stel­le per e-pos na ru­les@a­sem.tv stuur, maar sal moet op­skud, want die slui­tings­da­tum is 7 Au­gus­tus. Die bes­te i­dees sal op die kom­pe­ti­sie se web­werf, var­si­ty­cup.co.za, ge­deel word, waar mens dan vir die bes­te voor­stel­le kan stem.

Hoe­wel die Vars i ty be­ker reeks in baie ge­val­le meer be­lang­stel­ling as Cur­rie be­ker­wed­stry­de gaan­de maak, het som­mi­ge van die vo­ri­ge proe­f­re­ëls aan­han­gers ver­war.

Om te ver­se­ker dat span­ne meer aan­val­len­de rug­by speel, het drieë meer pun­te be­gin tel, ter­wyl straf­doe­le min­der werd is.

Drieë wat uit die aan­val­len­de span se half­ge­bied ge­druk is, is van­jaar met se­we pun­te be­loon en kon saam met ’n suk­ses­vol­le doel­skop dus ne­ge pun­te werd wees. In 2016 was daar selfs drieë wat ne­ge pun­te (voor die doel­skop) werd was as die aan­loop tot die drie uit die aan­val­len­de span se kwart­ge­bied be­gin het.

Van­jaar kon ’n spe­ler wat met ’n rooi­kaart van die veld ge­stuur is ook ná 20 mi­nu­te deur ’n an­der spe­ler ver­vang word. Dit was eg­ter een van die re­ëls wat nie juis aan­klank by Var­si­ty­be­ker-gees­drif­ti­ges ge­vind het nie.

Die Var­si­ty­be­ker-reeks skop vroeg in 2018 af met die be­pa­lings wat eers la­ter van­jaar be­ves­tig sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.