C­had­hul­le jag goud

WÊ­RELD­SWEMBYEENKOMS Duo is vars en uit­ge­rus

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Geen Suid-A­fri­ka­ner kon ná die eer­ste twee dae van die Wê­reld-swembyeenkoms in Boe­da­pest ’n eind­ron­de haal nie, maar dít be­hoort van­dag te ver­an­der.

My­les Bro­wn het gis­ter tot die half­eind­ron­de van die 200 me­ter-vry­slag deur­ge­dring, maar sy tyd van 1:47.19 was nie goed ge­noeg om vir die eind­ron­de te kwa­li­fi­seer nie. Bro­wn het slegs die 14de vin­nig­ste tyd in die half­eind ge­swem.

Suid-A­fri­ka se goue duo, C­had le Clos en Ca­me­ron van der Burgh, is eg­ter van­dag in hul guns­te­ling-i­tems in ak­sie en dit sal ’n reu­se­skok wees as hul­le nie al­bei vir die eind­ron­des van dié on­der­skeie i­tems kwa­li­fi­seer nie.

Le Clos het gis­ter reeds vir ’n mi­nis­kok ge­sorg toe hy Van der Burgh na­ge­doen en be­sluit het om nie deel te neem aan ’n i­tem wat hy aan­vank­lik sou swem nie.

Le Clos se naam het saam met Bro­wn s’n op die deel­ne­mers­lys vir die 200 me­ter-vry­slag ver­skyn, maar hy het nie gis­ter­og­gend aan die uit­dun­ne deel­ge­neem nie.

Gra­ham Hill, die Suid-A­fri­kaan­se af­rig­ter, het uit Boe­da­pest be­ves­tig Le Clos wil hom op die 100- en 200-vlin­der­slag, sy guns­te­ling-i­tems, toe­spits. Die uit­dun­ne vir die 200-vlin­der­slag vind van­dag plaas. Le Clos sal Vry­dag in die 100-vlin­der­slag in ak­sie wees.

Van der Burgh het Son­dag nie aan die 100-bors­slag deel­ge­neem nie, om­dat hy voel dat hy ’n be­ter kans vir ’n me­dal­je in die 50-bors­slag het. Dié i­tem word ook van­dag ge­swem.

Die B­rit A­dam Pe­a­ty het die eind­ron­de van die 100bors­slag in’ n by­een­koms re­kord­tyd van 57.47 se­kon­des ge­wen.

Le Clos en Van der Burgh, die e­nig­ste twee Suid-A­fri­ka­ners wat van­dag in ak­sie is, be­hoort al­bei vars en uit­ge­rus te wees vir hul on­der­skeie i­tems.

Dié twee O­lim­pie­se swem­mers is steeds Suid-A­fri­ka se groot­ste me­dal­je­hoop. Die er­va­re Bro­wn (25) sou graag wou be­wys hy kan ook as ’n me­dal­je-aan­spraak­ma­ker na vo­re tree, maar sy te­leur­stel­len­de ver­to­nings by groot in­ter­na­si­o­na­le by­een­koms­te het voort­ge­duur.

Of­skoon hy reeds ’n paar me­dal­jes in Fi­na se ver­skeie Wê­reld­be­ker-reek­se ver­o­wer het, kon hy nog nooit by ’n Wê­reld­by­een­koms, ’n O­lim­pie­se S­pe­le of ’n S­ta­te­bond­spe­le ’n in­di­vi­du­e­le me­dal­je ver­o­wer nie.

By die vo­ri­ge Wê­reld­by­een­koms in Ka­zan, Rus­land, het Bro­wn die 10de vin­nig­ste tyd in die half­eind­ron­de van die 200-vry­slag ge­haal. Dis waar sy aan­slag ge­sneu­wel het.

On­der die vroue wat gis­ter in ak­sie was, kon Kay­le­ne Cor­bett nie die uit­dun­ne van die 100-bors­slag oor­leef nie.

Haar uit­dun­tyd van 1:10.16 was 4.96 sek sta­di­ger as Lil­ly King van A­me­ri­ka se 1:05.20 – die vin­nig­ste uit­dun­tyd in dié i­tem.

Sa­man­tha Rand­le se tyd in die uit­dun­ne van die 1 500vry­slag, 17 mi­nu­te 22.42 se­kon­des, was die twee­de sta­dig­ste van die 22 deel­ne­mers. A­me­ri­ka se in­druk­wek­ken­de Ka­tie Le­decky het die vin­nig­ste uit­dun­tyd, 15:47.54, be­haal.

Die S­weed Sa­rah S­jos­trom het ook ’n by­een­koms­re­kord ver­be­ter toe sy die 100-vlin­der­slag in 55.53 se­kon­des ge­wen het.

■ Die og­gend­ses­sie be­gin van­dag om 09:00 en word reg­streeks op SS 7 uit­ge­saai.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die S­weed Sa­rah S­jos­trom het Maan­dag die by­een­koms­re­kord in die 100­vlin­der­slag by die Wê­reld­by­een­koms in Boe­da­pest, Hon­ga­rye, in ’n wen­tyd van 55.53 se­kon­des ver­be­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.