Froome se Tour­wen­tjek steek bra sleg af

Beeld - - Sport - – Reuters

Chris Froome het gis­ter €500 000 (so­wat R7,5 mil­joen) ont­vang vir sy oor­win­ning in die Tour de Fran­ce.

Dit lyk na ’n aan­trek­li­ke be­drag, maar is klein­geld in ver­ge­ly­king met die ver­dien­ste van die wen­ners in an­der sport­soor­te.

Vol­gens tra­di­sie moet die B­rit boon­op sy wen­tjek met sy Te­am Sky-kol­le­gas deel. Dit sluit nie net die an­der fiets­ry­ers in nie, maar ook die teg­ni­ci, sjef, die soig­neurs (wat help met on­der­steu­ning, oe­fe­ning en mas­se­rings) en selfs die be­stuur­ders van die span­bus­se.

Ro­ger Fe­de­rer het ’n week te­vo­re £2,2 mil­joen (by­na R37 mil­joen) vir sy Wim­ble­don-ti­tel ver­dien – na­dat hy in to­taal 11 uur en 37 mi­nu­te op die ten­nis­baan deur­ge­bring het teen

£3 156 per mi­nuut.

Die A­me­ri­ka­ner Jor­dan S­pieth, wat die B­rit­se Ope be­klink het, het $1,84 mil­joen (meer as R23,7 mil­joen) vir sy vier ron­des gholf op Roy­al Birk­da­le ver­dien.

Sok­ker­spe­lers in B­rit­tan­je word ge­reeld meer as £150 000 (so­wat R2,5 mil­joen) per week be­taal, met Man­ches­ter U­ni­ted se Paul Pog­ba wat £290 000 (by­na R4,9 mil­joen) per week ver­dien.

Froome se prys­geld vir ’n uit­mer­ge­len­de ren van 21 dae is laag ver­ge­le­ke met die wen­ners in an­der sport­soor­te, ver­al na wat hy moes deur­maak.

Froome (32) het 3 540 km oor 21 dae af­ge­lê en boon­op ’n le­li­ke on­ge­luk oor­leef.

het on­ge­veer €5 800 (so­wat R87 000) ver­dien vir elk van die 86 uur wat hy in die saal was en ’n ad­di­si­o­ne­le €500 (so­wat R7 500) vir el­ke dag dat hy die geel­trui ge­dra het.

Daar is ver­skeie wy­ses waar­op deel­ne­mers ’n ek­stra eu­ro in die Tour ver­dien, maar dit word in span­ver­band ver­deel.

Mi­cha­el Mat­thews, wen­ner van die pun­te­trui, het €25 000 (so­wat R380 000) vir sy Sun­web-span ver­dien en die­self­de be­drag tus­sen hul­le ver­deel vir War­ren Bar­guil se pol­ka­kol­trui, wat hy as ko­ning van die ber­ge ver­o­wer het.

S­kof­se­ges was €11 000 (so­wat R120 000) werd. Ry­ers wat eer­ste ’n kruin be­reik, het €800 (R12 000) ont­vang, klein­geld as ’n mon­ster soos die Col d’I­zo­ard (2 360 m) in ag ge­neem word.

Wen­ner: Prys­geld:

RO­GER FE­DE­RER Wim­ble­don R37 mil­joen

Wen­ner: Prys­geld:

JOR­DAN S­PIETH B­rit­se Ope R23,7 mil­joen

Wen­ner: Prys­geld:

CHRIS FROOME Tour de Fran­ce R7,5 mil­joen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.