Dee­jay K­riel Fi­lip­pyn se baas in die boks­kryt

Beeld - - Sport - G­reen – Mi­cha­el

Dee­jay K­riel het eer­gis­ter sy groot­ste toets so­ver in die be­roeps­boks­kryt ge­slaag deur Dex­ter A­li­men­to van die Fi­lip­py­ne oor­tui­gend met pun­te te ver­slaan.

Twee van die be­oor­de­laars het ge­dink K­riel was met 116­112 baas, ter­wyl nog een dié ge­veg in die strooi­ge­wig­af­de­ling by Em­per­ors Pa­la­ce in Kemp­ton Park met 117­111 aan die Suid­A­fri­ka­ner toe­ge­ken het.

A­li­men­to was ’n waar­di­ge teen­ stan­der, maar K­riel het ver­dien om te wen.

Hy het ver­al die laas­te ge­deel­te van die krag­me­ting oor­heers.

In To­kio het Hi­ro­to Kyo­gu­chi vir ’n ver­ras­sing ge­sorg deur José Ar­gu­me­do van Mex­i­ko met pun­te te klop.

Dit be­te­ken Kyo­gu­chi pronk na net sé­we ge­veg­te in die be­roeps­kryt nou as die In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie se strooi­ge­wig­kam­pi­oen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.