‘Hur­ri­ca­nes is guns­te­lin­ge’

S­WYS OOR HALF­EIND VAN SU­PER­REEKS

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Al die druk gaan Sa­ter­dag op die Hur­ri­ca­nes wees in hul half­eind­stryd van die Su­per­rug­by­reeks teen die Leeus op El­lis­park in Jo­han­nes­burg.

Só glo S­wys de Bruin, die aan­valsaf­rig­ter van die e­nig­ste Suid-A­fri­kaan­se span wat nog staan­de is in die reeks.

“Hul­le (die Hur­ri­ca­nes) het ’n ti­tel om te ver­de­dig. En om­dat hul­le ons ver­le­de jaar twee keer ge­klop het, moet hul­le die guns­te­lin­ge wees,” sê hy. “Hier­die keer kan ons meer sorg­vrye rug­by speel en sal daar nie al die druk van ver­le­de week teen die Haaie op ons wees nie,” sê hy.

De Bruin sê hy kan nie reg­tig sy vin­ger daar­op lê waar­om die Leeus in die na­el­skraap­se se­ge met 23-21 oor die Haaie nooit werk­lik aan die gang kon kom en die soort spel kon le­wer waar­voor hul­le be­kend is nie.

“Die Haaie ver­dien baie kre­diet vir hul ver­to­ning. Ver­al hul voor­spe­lers was baie goed. Dalk was dit ook ’n ge­val van dat ons een been in die half­eind ge­had het,” gee hy toe.

Die Leeus het tal­le fou­te be­gaan wat glad nie deel van hul ka­rak­ter is nie en dit was al as­of die druk van die wed­stryd hul­le ver­lam het.

“Ek het al hier­die prent­jie ge­sien wat hom Sa­ter­dag af­ge­speel het teen die Haaie. Ons het al die bal­be­sit in daar­die eer­ste 12 mi­nu­te ge­had en moes in daar­die tyd ten min­ste twee drieë ge­druk het. Die eer­ste keer dat hul­le in ons half­ge­bied ge­kom het, maak ons dom fou­te en gee hul­le ’n drie. Skie­lik is dit ’n an­der wed­stryd en word dit ’n lang mid­dag vir ons,” sê hy.

“Hier­die ti­pe din­ge ge­beur maar soms. Ons is maar net men­se en jy kry daar­die soort van dae. Dat ons eg­ter wel nog kon wen, spreek boek­de­le vir die ka­rak­ter van hier­die span,” sê De Bruin.

“En ding wat ons ook dui­de­lik ge­leer het, is dat jou tuis­veld nie nood­wen­dig vir jou wed­stry­de wen nie. Jy het wel daar­die voor­deel, maar jy moet steeds speel om dit te be­nut,” sê hy.

Die Hur­ri­ca­nes, uit Wel­ling­ton in Nieu-See­land, het die Leeus ver­le­de jaar op die ein­ste El­lis­park ’n groot loe­sing (50-17) ge­gee en toe ook die eind­stryd op hul eie tuis­veld ge­wen. Die laas­te keer dat die Leeus in Su­per­rug­by met hul­le kon af­re­ken, was ’n de­ka­de ge­le­de in 2007.

Dit is ook die eer­ste keer van­jaar dat die Leeus teen ’n Ni­euSee­land­se span te staan kom. Die re­kord van Suid-A­fri­kaan­se span­ne so­ver van­jaar is al­les be­hal­we goeie lees­stof. Van die 13 wed­stry­de tus­sen Ki­wi- en Suid­vir A­fri­kaan­se span­ne in van­jaar se reeks, kon die Suid-A­fri­ka­ners net twee wen (die S­tor­mers het die C­hiefs en Blu­es in li­ga­wed­stry­de op Nu­we­land ge­klop).

Daar is Sa­ter­dag ’n vol pro­gram op El­lis­park met die eer­ste wed­stryd reeds om 10:00 wan­neer die o.19-span­ne van die Leeus en die Blou Bul­le slaags raak. Die Cur­rie­be­ker-wed­stryd tus­sen die Leeus en G­rie­kwas volg om 12:00, met die hoof­wed­stryd wat om 14:30 af­skop.

Kaar­tjie wis­sel tus­sen R80, R120, R275 en R380.

Fo­to: GALLO IMAGES

S­wys de Bruin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.