Die ein­de vir JP? Koes, hier kom KG!

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die blits­bou­ler Ka­gi­so Ra­ba­da se skor­sing in die twee­de krie­ket­toets was ’n be­dek­te se­ën. Hy sal na dié ver­plig­te rus­kans vars en aan­ge­spoor wees om die rooi ap­pel van Don­der­dag af met oor­ga­we op The O­val in Lon­den te slin­ger.

So sê Al­lan Do­nald, voor­ma­li­ge snel­bou­ler en oud-boul­af­rig­ter van die Pro­te­as, aan die voor­aand van Suid-A­fri­ka se der­de toets teen En­ge­land.

Ra­ba­da sal Du­an­ne O­li­vier waar­skyn­lik in die bou­l­aan­val ver­vang.

Die reeks van vier toet­se is tans met 1-1 ge­lyk­op.

Die kol­wer JP Du­miny is in­tus­sen vry­ge­stel vir die res van die toets­reeks en is op pad huis toe. Na ver­neem word, meen die keur­ders dat T­heu­nis de Bruyn en Ai­den Mar­kram ge­noeg slaan­krag bied as een van die kol­wers in­tus­sen iets sou oor­kom. Dié skuif kan straks die ein­de van Du­miny se toet­s­loop­baan be­te­ken. Hy het na on­lang­se te­leur­stel­len­de ver­to­nings ná die eer­ste toets op Lord’s die trek­pas ge­kry.

Ra­ba­da (22) is in die eer­ste toets ge­skors en het die twee­de mis­ge­loop na­dat hy op die En­gel­se kol­wer Ben S­to­kes ge­vloek het toe hy sy paal­tjie in die tuis­span se eer­ste beurt ge­neem het.

Hy het weens dié skor­sing heel­wat lan­ger rus­kans ge­had as die res van die spe­lers, wat ook die af­ge­lo­pe week ’n blaas­kans ge­niet het. Van die man­ne, soos Quin­ton de Kock en Hashim Am­la, het selfs ’n draai by die huis ge­maak.

“Ra­ba­da gaan lek­ker vars wees, wat baie goed vir SuidA­fri­ka is. Hoe var­ser ons hom het, hoe be­ter,” sê Do­nald.

“Daar is by my g’n twy­fel nie dat hy baie aan­ge­spoor sal wees ná wat ge­beur het. Hy voel baie sleg oor die skor­sing en ek dink dit gaan hom ek­stra mo­ti­veer, wat in Suid-A­fri­ka se guns kan tel.”

Die Pro­te­as se boul­af­rig­ter, C­harl Lan­ge­veldt, sê Ra­ba­da het sy ver­eis­te boul­beur­te ge­du­ren­de die blaas­kans ge­boul en is oor­ge­haal vir ak­sie. “Hy was ui­ter­aard te­leur­ge­steld oor wat ge­beur het, maar het daar­uit ge­leer. Jy moet leer uit so ’n si­tu­a­sie so­dat dit nie weer ge­beur nie. Hy is ’n jong spe­ler prop­vol e­ner­gie en ek weet hy sal met oor­ga­we te­rug­keer toets­veld toe.”

Hoe­wel die En­gel­se hom sal ont­hou vir sy 13 paal­tjies in die laas­te toets op hul vo­ri­ge toer in Suid-A­fri­ka, het Ra­ba­da nog nie sy bes­te peil op die toer be­reik nie. Hy het 16 paal­tjies in sy ne­ge toer­wed­stry­de – waar­van twee meer­dag­wed­stry­de was – laat kan­tel.

Sy se­we paal­tjies in die drie een­dag­wed­stry­de teen En­ge­land, wat 4/38 op Lord’s in­sluit na­dat die reeks reeds deur die tuis­span be­klink is, was we­lis­waar die mees­te deur ’n bou­ler in die toer­span. Hy moes met ’n en­ke­le paal­tjie in drie wed­stry­de in die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee te­vre­de wees. Hy het toe ses paal­tjies (3/123 en 3/50) in die eer­ste toets op Lord’s ge­neem. Dit kon dalk heel­wat an­ders daar uit­ge­sien het as Joe Root op 16 nie van sy boul­werk op gan­ge­tjie laat val is nie.

JP Du­miny

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.