Ki­wi’s ploeg met SA se kal­wers

Beeld - - Sport - Wet – Fran­cois de

Dit blyk nie net meer boor­lin­ge van die Suid­see­ei­lan­de te wees wat help om rug­by in Nieu­See­land sterk te hou nie.

Wan­neer die Hur­ri­ca­nes die Leeus Sa­ter­dag in ’n Su­per­rug­by­half­eind­stryd op El­lis­park aan­durf, kan hul span ’n Suid­A­fri­kaan­se geur­tjie hê.

Die 21­ja­ri­ge vleu­el Wes Goo­sen en die ha­ker Ric­ky Ric­ci­tel­li (ook 21), wat al vir ’n ge­rui­me tyd lank met hul spel vir dié Ki­wi­fran­chi­se be­ïn­druk, is al­bei in Suid­A­fri­ka ge­bo­re. Dié twee­tal was ook in 2015 span­maats in Nieu­See­land se o.20­span.

Goo­sen, wat in Oos­Lon­den ge­bo­re is, was vier jaar oud toe sy ou­ers, Alan en Kim, be­sluit het om na Ni­euSee­land te ver­huis.

Hy het ’n kans om die na­week weer ’n plek in die be­gin­span te kry na hy twee drieë in ver­le­de week se se­ge met 35­16 oor die Brum­bies in die kwart­eind ge­druk het.

Ric­ci­tel­li het se­dert sy de­buut ver­le­de jaar ge­reeld die Hur­ri­ca­nes se be­gin­span ge­haal. Ric­ci­tel­li se ou­ers, Gail Luiz en John Ric­ci­tel­li, het toe hy ook vier jaar oud was be­sluit om na Nieu­See­land te e­mi­greer. Na­dat al­bei spe­lers vir die Hur­ri­ca­nes teen die B­rit­se en Ier­se Leeus ’n voor­sma­kie van in­ter­na­si­o­na­le rug­by ge­kry het, sal ’n plek in die All Blacks se toets­groep nou in hul vi­sier wees.

’n Der­de Suid­A­fri­ka­ner van ge­boor­te, die 26­ja­ri­ge stut Reg­gie Goodes, is ook in die Hur­ri­ca­nes se ge­kon­trak­teer­de groep. ■ By­ko­men­de bron­ne: en.wi­ki­pe­dia.org, hur­ri­ca­nes.co.nz, stuff.co.nz en wel­ling­ton­li­ons.co.nz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.