B­rief in baad­jie help slag­of­fer van bran­de

Beeld - - Voorblad - Eu­ge­ne Gun­ning

’n Hand­ge­skre­we b­rief deur ’n P­re­to­ri­a­ner wat Qu­en­tin Ha­man, ’n slag­of­fer van die Knys­na-bran­de, in ’n baad­jie­sak ont­dek het, het sy he­le le­we ver­an­der.

Die baad­jie is deur In­ge Coet­see ge­skenk. Dit het haar man, Ber­to, be­hoort. Hy het dit in 2004 op hul trou­dag in En­ge­land ge­dra.

7 Ju­nie, die dag wat die bran­de in Knys­na uit­ge­breek het, was Ha­man se 45ste ver­jaar­dag.

Die brand het die mees­te van sy en sy ma se be­sit­tings op die plaas waar hul­le ge­woon het ver­woes.

Ha­man, ’n web­wer­f­ont­wer­per, werk van die huis af.

“Om­dat dit dié dag my ver­jaar­dag was, het ek be­sluit om te ont­span en dit rus­tig te vat.

“Die og­gend het ons ge­sien dit brand in die ver­te. Die wind was erg, maar die brand het ver­by ons be­weeg. La­ter het die wind ge­draai en oor ’n pad ge­spring. Teen 15:00 het ons die huis ont­ruim.”

La­ter het hy te­rug­ge­keer om die brand te help blus.

“Teen 20:30 moes ons ons ont­trek. Ek het om­streeks 01:30 te­rug­ge­keer en al­les was ver­woes.”

T­wee we­ke la­ter het hy by die Knys­na Mon­tes­so­ri S­chool in Wel­be­dacht hulp ge­kry.

Hy was siek en het kou­e­koors ge­had. Daar het hy iets te ete ge­kry en die baad­jie om hom warm te hou.

Hy het eers la­ter be­sef hoe mooi die baad­jie is.

Ha­man het sy han­de in die sak­ke ge­steek en af­ge­kom op die brie­fie wat Coet­see ge­skryf het.

Sy het on­der meer ge­skryf dat sy hoop die nu­we ei­e­naar sal warm­te be­leef wan­neer hy die baad­jie dra.

Ha­man sê hy het tra­ne in die oë ge­kry toe hy dit lees.

“Op daar­die oom­blik het ek be­sef ons het al­les ver­loor, maar ons sal ge­mak­lik wees.”

Hy het la­ter per e-pos met Coet­see kon­tak ge­maak en haar en Ber­to vir die baad­jie be­dank.

“Wan­neer al­les weer op koers is in Knys­na, wil ek na P­re­to­ria gaan om In­ge en haar man per­soon­lik te gaan be­dank. Ek wou nog al­tyd so ’n baad­jie ge­had het.

“Dit is ’n won­der­li­ke ver­jaar­dag­ge­skenk op die dag toe ek al­les ver­loor het.”

Ber­to sê hy het die baad­jie des­tyds in Suid-A­fri­ka ge­koop en saam­ge­neem En­ge­land toe.

Die plan was nie om dit op sy trou­dag te dra nie.

“Dit was bloot om iets warms te hê.”

Ui­t­ein­de­lik het hy dit wel op hul trou­dag in Cam­brid­ge ge­dra.

Ná die on­lang­se bran­de wou Coet­see iets aan die slag­of­fers skenk.

“Sy het deur ons kas­te ge­gaan. Sy het my ge­bel en wou hoor of sy die baad­jie kan skenk.”

Vol­gens Ber­to hou hul­le daar­van om te help.

“Ons glo wat jy saai, sal jy maai. Ons gaan ge­reeld va­kan­sies Keur­booms­ri­vier toe en sal graag vir Qu­en­tin wil ont­moet. Die baad­jie is nou sy­ne en hy kan dit hou.”

Qu­en­tin Ha­man met die nu­we baad­jie en die b­rief wat In­ge Coet­see in ’n sak ge­laat het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.