Huis af­ge­brand: Eg­paar van Pta in skok

T­wee mo­tors bly ook in die slag

Beeld - - Voorblad - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Ro­wers se han­de­werk

’n Vrou wie se gras­dak­huis bui­te P­re­to­ria deur inbrekers af­ge­brand is, “sal nooit weer goed by­me­kaar­maak nie”.

’n Ver­slae Marinda Koppel (50) meen sy en haar man, Alan (62), wat al­bei in die kle­re­han­del werk, sal hul af­tre­de moet uit­stel om­dat hul­le al­les in die brand ver­loor het.

Boos­doe­ners het Vry­dag om­streeks 03:30 by die Kop­pels se groot huis in die Do­wn­bern-hoe­we­ge­bied, noord­oos van P­re­to­ria, in­ge­breek en dit aan die brand ge­steek.

Marinda was vir werk in Zam­bië en Alan in Po­lo­kwa­ne.

Die Kop­pels was be­sig om die huis te ver­koop. “Die oor­drag­do­ku­men­te sou vol­gen­de week in­ge­dien word. Nou is die tran­sak­sie ge­kan­sel­leer,” sê Marinda.

Marinda se pa, Bal­tus Be­ster (71), en Se­li­na Nd­lo­vu, die huis­wer­ker wat na Be­ster om­ge­sien het ter­wyl die Kop­pels weg was, was tuis toe die inbrekers op­ge­daag het.

Be­ster, wat siek en on­der sterk ver­do­wing is, het in die sit­ka­mer ge­slaap, sê Marinda.

Jo­seph K­ham­pe (57), wat op die hoewe werk, sê hy was in sy ka­mer op die erf toe Nd­lo­vu hom bel en sê: “Hier is men­se!”

Hy sê ’n “klomp” be­tre­ders het “ge­suk­kel” met die huis se deu­re en ’n tra­lie­hek oop­ge­breek. Hul­le het ook klip­pe ge­gooi.

Nd­lo­vu het die po­li­sie en bu­re ge­bel.

Die be­tre­ders het die mo­tor­huis wat aan die huis grens aan die brand ge­steek.

Weens die gras­dak het die vlam­me vin­nig ver­sprei. Ook K­ham­pe se ka­mer, ’n paar me­ter van die huis, is af­ge­brand.

Be­ster sê hy het wak­ker ge­word toe die sit­ka­mer se ruit breek.

Kort daar­na was die po­li­sie daar. “Hul­le het ge­sê: ‘Kom! Die huis brand!’ ”

Hy sê hy het die inbrekers nie ge­sien nie.

Be­ster se Hyun­dai-mo­tor in die mo­tor­huis het uit­ge­brand. Ook ’n O­pel-mo­tor wat bui­te die mo­tor­huis ge­staan het, is net ’n dop.

Marinda sê haar pa het met net die slaap­kle­re aan sy lyf uit die huis ge­vlug.

Hul­le weet nie of die inbrekers met van die goed in die huis weg­ge­kom het nie. Die in­houd van die kluis het ge­smelt.

Toe sy la­ter by die af­ge­bran­de huis op­daag en aan haar pê­rels in die kluis raak, het dit ver­poei­er.

Net t­wee kof­fie­kop­pies het heel ge­bly.

Sy sê t­wee kat­te is dood. Een se oor­skot is in die swem­bad ag­ter die huis ge­vind. Fo­to’s: DEAAN VIVIER ’n Der­de kat is in ’n boom ge­kry, maar die vier­de kat is steeds weg.

Nie­mand is weens die brand be­seer nie.

K­ham­pe, wat nou in ’n woon­stel op die erf bly wat nie in die brand be­ska­dig is nie, sê hy vrees dat die boos­wig­te sal te­rug­kom. “Dan is ek dood.”

’n Paar ge­meen­skap­pe in die om­ge­wing het ná die brand da­de­lik kos, kle­re, meu­bels en toi­let­wa­re be­gin skenk.

“Bak­kie­vrag­te vol,” sê Mo­ni­que M­öl­ler, Marinda se dog­ter.

Die Kop­pels en Be­ster gaan tans tuis by M­öl­ler en haar man, Giel, in die Ka­meel­fon­tein-land­goed.

“Ek kan nie ver­staan hoe ie­mand my goed wil uit­brand nie. Dit is iets wat jy jou groot­ste vy­and nie sal toe­wens nie.

“Ek het 17 jaar lank hand­ge­verf­de bor­de van En­ge­land in die huis ge­had om­dat dit iets werd was. Ek sal nooit weer goed by­me­kaar­maak nie. Wat is die doel daar­van?” wil Marinda weet.

Sy sê dis hart­seer dat sy nou ie­mand an­ders se kou­se dra.

Die brand is ’n ma­nier om jou te­rug te bring aar­de toe, sê sy.

Die po­li­sie in P­re­to­ria-Oos moet nog op skrif­te­li­ke na­vrae re­a­geer.

‘‘

Die oor­drag­do­ku­men­te sou vol­gen­de week in­ge­dien word. Nou is die tran­sak­sie ge­kan­sel­leer.

— MARINDA KOPPEL

Inbrekers het dié gras­dak­huis van die Koppel­eg­paar af­ge­brand. Een van die Kop­pels se kat­te is dood in die swem­bad aan­ge­tref.

Dié t­wee mo­tors het ook in die slag ge­bly toe inbrekers Marinda en Alan Koppel se huis aan die brand ge­steek het.

Bal­tus Be­ster (71). Hy het met net die slaap­kle­re aan sy lyf uit sy dog­ter en haar man se huis ge­vlug toe inbrekers dit aan die brand ge­steek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.