S­tan­daard van SA skeids­reg­ters pla, skryf S­te­phen Nell

Beeld - - Voorblad -

Toe ek in sy ja­re as spe­ler oor die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie en die S­tor­mers ver­slag ge­doen het, sou ek my nooit kon in­dink dat Rob­bie F­leck die sprong na af­rig­ter sou maak nie.

Maar hier is ons nou. Hy het dit nie net ge­doen nie, maar doen dit goed. Wat my ver­al van hom as S­tor­mers-af­rig­ter tref, is sy e­mo­si­o­ne­le in­tel­li­gen­sie.

Et­li­ke af­rig­ters sou by­voor­beeld bek­af ge­wees het oor die skeids­reg­ter, Jaco Pey­per, se be­sluit om nie die C­hiefs se Ka­ne Ha­mes koel­kas toe te s­tuur nie vir sy stamp op Frans Mal­her­be in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­kwart­eind­stryd op Nu­we­land.

F­leck het toe­ge­gee dat hy ge­dink het dat die voor­val ’n geel­kaart reg­ver­dig, maar tog die in­sig ge­had dat die re­de vir die ne­der­laag ver­naam by sy eie span ge­lê het.

Daar­mee saam het hy ge­sê Pey­per het nie die uit­slag van die wed­stryd be­ïn­vloed nie. Om die uit­slag van ’n wed­stryd te be­paal, is se­ker die groot­ste mis­daad wat ’n skeids­reg­ter kan pleeg.

On­der­steu­ners van die Haaie sal dalk voel dat die skeids­reg­ter in hul uit­speel­wed­stryd teen die Leeus, Ma­ri­us van der West­hui­zen, juis dit ge­doen het.

Die geel­kaart vir die slot S­te­phan Le­wies was een van ’n hand­vol voor­val­le wat sal ver­dui­de­lik waar­om die Haaie se brei­er, Ro­bert du P­reez, ná die wed­stryd kwaad was.

On­ge­ag waar jy staan met jou sie­ning oor Pey­per se be­sluit ra­ken­de die Ha­mes/Mal­her­be­voor­val, moet ’n mens ook sê hy is tans se­ker die e­nig­ste SuidA­fri­kaan­se skeids­reg­ter wat sy sout werd is in toet­se tus­sen die voor­ste rug­by­lan­de.

Dít pla my, want ek ont­hou die dae goed toe Suid-A­fri­ka op die­self­de tyd vir An­dré Watson, Jo­na­than Ka­p­lan en Mark La­wren­ce be­skik­baar ge­had het.

Watson, ’n voor­ma­li­ge hoof van skeids­reg­ters by die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru), het on­langs ’n saak in die ar­beids­hof ge­wen om weer in sy pos aan­ge­stel te word na­dat hy in 2015 die trek­pas ge­kry het.

Amp­te­lik be­staan sy ou pos nie meer nie, want skeids­reg­ters val bin­ne die so­ge­naam­de rug­by­de­par­te­ment van Sa­ru. M­z­wa­ma­do­da “Banks” Yanto­lo, ’n voor­ma­li­ge skeids­reg­ter wie se naam nê­rens bui­te Suid-A­fri­ka in die rug­by­wê­reld ’n klok­kie sal lui nie, be­stuur die skeids­reg­ters bin­ne dié de­par­te­ment.

Daar­mee sê ek na­tuur­lik nie dat Yanto­lo ver­ant­woor­de­lik ge­hou moet word dat Suid-A­fri­ka hom nie meer kan roem op die feit dat hy nie meer die wê­reld se bes­te bla­sers op­le­wer nie. Dalk is dit net tyd dat ons ’n ge­sprek voer oor waar­om an­der lan­de ons ver­by­ge­steek het met be­trek­king tot die hoe­veel­heid goeie skeids­reg­ters wat hul­le op­le­wer.

Is daar pro­ble­me met hoe ons skeids­reg­ters op­ge­lei word, of is dit dalk selfs ’n sneeu­bal­ef­fek van Suid-A­fri­ka­ners se min­ag­ting van wed­stryd­be­amp­tes?

Dink só daar­aan: by Wê­reld­rug­by is dit slegs Pey­per wat in die li­ga van Ro­main Poi­te ge­re­ken word. En ons al­mal weet hoe Suid-A­fri­ka­ners oor dáár­die Frans­man voel.

Ter­wyl ek re­ken dat die Leeus ge­luk­kig is om in die half­eind­ron­de te wees, is dit on­ge­twy­feld die bes­te uit­koms vir Suid-A­fri­kaan­se rug­by. Op die ba­lans van ver­to­nings in hul veld­tog, ver­dien hul­le dit ook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.