Nog ’n Duit­se groep oor Gup­ta­kon­trak­te be­trap

Beeld - - Nuus -

’n T­wee­de Duit­se mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­py is op he­ter daad be­trap dat hy ver­dag­te kon­trak­te met ’n Gup­ta-be­heer­de maat­skap­py wou sluit in die hoop om wins­ge­wen­de staats­kon­trak­te te kry.

’n Maat­skap­py wat re­kla­me­bor­de ver­vaar­dig, as­ook ’n raad­ge­wen­de maat­skap­py, sou mil­joe­ne ver­dien het.

#Gup­taLe­aks het reeds ont­hul hoe die Duit­se sag­te­wa­re­maat­skap­py SAP hom tot die Gup­tas ge­wend het om ’n kon­trak van so­wat R100 mil­joen met Trans­net te ver­se­ker.

Nou wys e-pos-bood­skap­pe en do­ku­men­te ’n t­wee­de Duit­se maat­skap­py, Soft­wa­re AG, het klaar­blyk­lik ’n om­koop­oor­een­koms met ’n Gup­ta-be­heer­de maat­skap­py aan­ge­gaan om ’n kon­trak van R180 mil­joen van Trans­net F­reig­ht Rail te ver­se­ker.

Soft­wa­re AG het in­ge­stem om tot 35% van die waar­de van kon­trak­te met Trans­net, die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te, die Man­gaung­mu­ni­si­pa­li­teit, Sa­sol en Mul­tiC­hoi­ce aan Glo­bal Sof­tech So­lu­ti­ons (GSS) te be­taal. Die Gup­tas se Sa­ha­ra Sys­tems was in daar­die sta­di­um in die pro­ses om aan­de­le in GSS, ’n IT­diens­te­maat­skap­py, te koop.

#Gup­taLe­aks ver­skaf ook be­wy­se dat Ri­aaz Jeena, Soft­wa­re AG se ver­koops­di­rek­teur, ’n t­wee­de oor­een­koms op­ge­stel het, waar­skyn­lik om te ver­se­ker dat hy ook ’n sny van die koek kry.

Soft­wa­re AG is een van Eu­ro­pa se sag­te­wa­re­reu­se en het in 2016 ’n wins van so­wat R13 mil­jard ge­maak.

Soos SAP was Soft­wa­re AG klaar­blyk­lik ge­wil­lig om groot be­drae geld on­der die vaan­del van kom­mis­sie aan ’n Gup­ta-be­heer­de maat­skap­py te be­taal in die hoop om groot staats­kon­trak­te te kry.

In SAP se ge­val sou dit be­te­ken dat hy R100 mil­joen aan CAD Hou­se, ’n klein on­der­ne­ming van die Gup­tas wat 3D-druk­kers ver­koop, moes be­taal.

Daar is min be­wy­se dat die Gup­ta­maat­skap­pye e­nig­iets be­hal­we hul po­li­tie­ke in­vloed tot SAP en Soft­wa­re AG by­ge­dra het.

Die Gup­tas het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Soft­wa­re AG het sy ven­noot­skap met GSS er­ken, maar oor­tre­dings ont­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.