K­ho­za be­sluit nog of sy dié be­sker­ming wil hê

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Al is vei­lig­heids­maat­re­ëls vir haar “ge­reed om in wer­king te tree”, het die uit­ge­spro­ke ANC-LP dr. Mak­ho­si K­ho­za nog nie ge­sê of sy daar­van ge­bruik sal maak nie.

Die par­le­ment het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê ver­teen­woor­di­gers van die par­le­ment en die SuidA­fri­kaan­se Po­li­sie­diens (SAPD) het ver­le­de Vry­dag met K­ho­za ver­ga­der oor die vei­lig­heids­maat­re­ëls wat vir haar ge­tref is. Dit kom na­dat ’n vei­lig­heids­ont­le­ding ge­doen is en sy drei­ge­men­te ont­vang het.

“Dr. K­ho­za het Vry­dag aan­ge­dui dat sy eers haar fa­mi­lie wil raad­pleeg en teen die ein­de van die na­week sal be­sluit. Die par­le­ment en die SAPD wag nog op dr. K­ho­za se be­sluit. Die par­le­ment wil daar­op wys dat al die vei­lig­heids­maat­re­ëls vir dr. K­ho­za ge­reed is om in wer­king te tree so gou as wat sy aan­dui dat sy dié on­der­steu­ning aan­vaar,” lui die ver­kla­ring.

K­ho­za het vroe­ër ge­sê dat sy vir haar en haar kin­ders se le­we vrees na­dat sy her­haal­de­li­ke dreig­op­roe­pe en SMS’e met doods­drei­ge­men­te ont­vang het.

In­tus­sen het 37 bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies, ge­lei deur Par­li­a­ment Wa­tch, ’n ko­a­li­sie van bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies, ak­ti­vis­te en be­lang­heb­ben­des, ’n be­roep op LP’s ge­doen om “ver­ant­woord­baar te wees aan die men­se van Suid-A­fri­ka”. Hul­le vra LP’s ook om in die wan­trou­e­mo­sie so te stem dat dit hul “o­pen­ba­re sie­ning” ver­teen­woor­dig.

K­ho­za kon gis­ter nie da­de­lik om kom­men­taar be­reik word nie.

K­ho­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.