Ra­map­ho­sa doen al­les vir wit men­se – Ma­le­ma

Beeld - - Nuus -

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa kwa­li­fi­seer nie vir Suid-A­fri­kaan­se ten­ders nie, want “hy is nie swart ge­noeg nie en doen al­les in sy le­we vir wit men­se”, het Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, gis­ter be­weer.

“Ten­ders moet aan wa­re swart men­se ge­gee word. Cy­ril Ra­map­ho­sa is nie swart nie, hy is ’n nie­wit mens. Al­les wat hy in sy le­we doen, is om wit men­se te­vre­de te stel. Ons kan nie sê hy is swart nie.”

Ma­le­ma, wat stu­den­te­lei­ers aan die U­ni­ver­si­teit van K­waZu­lu-Na­tal op die We­st­vil­le-kam­pus toe­ge­spreek het, sê die EFF wil ten­der­pre­neurs hê “wat nie deur wit men­se ge­bruik sal word nie”.

“Ons wil swart men­se hê wat nie deur wit men­se as ’n front ge­bruik word nie. Ons is nie skaam om te be­mag­tig en te veg vir swart men­se nie.”

Die EFF is tans in Dur­ban voor sy vier­de her­den­king, wat Sa­ter­dag in Cur­ries Foun­tain ge­hou word.

Ma­le­ma sê die EFF het nie hom­self in Jo­han­nes­burg en P­re­to­ria, waar die EFF die DA in be­heer ge­sit het, uit­ver­koop nie.

“Se­dert Au­gus­tus 2016 word se­ni­or pos­te be­klee deur ge­kwa­li­fi­seer­de swart men­se so­dat hul­le ge­hal­te­diens aan ons men­se kan le­wer.” – Mxo­li­si Mnga­di, News24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.