SA ve­te­ra­ne nooi Du Toit na Aus­tra­lië

‘Ek is ’n A­fri­kaan en bly in A­fri­ka’

Beeld - - Nuus - Eu­ge­ne Gun­ning

Die oud­ver­ken­ning­sol­daat Wyn­and du Toit gaan in Ok­to­ber Aus­tra­lië be­soek om met voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se sol­da­te en diens­plig­ti­ges wat daar woon te ge­sels.

Hy sal ook sy boe­ke, waar­on­der sy jong­ste, De­s­tiny, be­kend stel. Du Toit het reeds vyf boe­ke ge­skryf en self een in En­gels ver­taal.

Du Toit sê hy is deur die SuidA­fri­kaan­se Mi­li­tê­re Ve­te­ra­ne­ver­e­ni­ging in Aus­tra­lië (Sam­vua) ge­nooi om die land te be­soek. Hy sal in Mel­bour­ne en Perth op­tree.

“Garth Pie­naar, wat in 1979 saam met my die ju­ni­or­lei­ers­kur­sus in Oudts­hoorn ge­doen het, het my ge­nooi.

“Dit is ’n ge­leent­heid om uit te reik na Suid-A­fri­ka­ners wat in Aus­tra­lië woon. Kaar­tjies vir al­bei ge­leent­he­de is reeds uit­ver­koop.”

Hy het nie e­ni­ge plan­ne om daar­heen te ver­huis nie. “Ek is ’n A­fri­kaan en bly in A­fri­ka.”

Die amp­te­li­ke be­kend­stel­ling van De­s­tiny is Vry­dag­aand 18:00 by die re­stau­rant Pon­tos in Mos­sel­baai.

Die boek speel in die vroeë 1980’s teen die ag­ter­grond van die G­rens­oor­log af. Hy skryf van t­wee kan­te: dié van die SuidA­fri­kaan­se Weer­mag en dié van S­wa­po. “Die boek het ’n ver­soe­nen­de bood­skap.”

De­s­tiny is die der­de boek wat van­jaar uit sy pen ver­skyn. Die boek is in En­gels en hy sê hy het nie ’n taal­voor­keur waar­in hy skryf nie.

Du Toit bring dees­dae baie tyd voor sy re­ke­naar by sy huis in G­len­ta­na langs die SuidKaap­se kus deur.

Hy is van plan om t­wee boe­ke per jaar te pu­bli­seer.

Sy boe­ke is fik­sie, hoe­wel baie van die in­houd op die waar­heid ge­grond is.

“Die me­to­des in die boe­ke is die werk­lik­heid. Ek skryf met my ag­ter­grond­ken­nis van die weer­mag. Ek hoef nie vrees­lik baie na­vor­sing te doen nie,” sê hy.

Hy glo men­se wil nog lees oor die G­rens­oor­log.

“Ek kry baie po­si­tie­we te­rug­voe­ring.

“Ie­mand het on­langs vir my ’n bood­skap ge­stuur waar­in hy sê ek moes nooit weer­mag toe ge­gaan het nie; ek moes ’n skry­wer ge­word het.

“Ek ge­niet die skry­we­ry,” sê Du Toit.

“Hoe­kom sal ’n mens iets an­ders wil doen as jy kan skryf?”

Deur die skry­we­ry deur be­hou hy nog sy ban­de met die Kon­go (Braz­za­vil­le), waar hy boer­de­ry­be­lan­ge het.

Die skryf­werk is ’n span­po­ging tus­sen hom en sy vrou, Fran­ces. Hy skryf en sy doen die be­mar­king.

Fo­to: EU­GE­NE GUN­NING

Wyn­and du Toit in sy stu­deer­ka­mer by sy huis in G­len­ta­na langs die Suid­Kaap­se kus waar hy sy boe­ke skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.